Teenmisdaadveldtog in Soweto lewer 92 mense

92 Mense is by Jabulani in Soweto gevang vir verskeie tipes misdade, het die Johannesburgse polisie op Sondag gesê.

Woordvoerder, inspekteur Kay Makhubela, het gesê al die arrestasies is Sondag gemaak in ‘n teenmisdaadveldtog wat 12 ure geduur het.

Onder diegene wat gearresteer is, was 60 gevang vir drink in die openbaar, terwyl die res vir misdade soos bedrog, winkeldiefstal, aanranding en opsetlike saakbeskadiging aangekla is, het Makhubela gesê.

Al die aangeklaagdes sal Maandag in die Protealanddroshof verskyn, het hy bygevoeg. 

pearl necklace weddingАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae