Gedurende hulle vergadering in Durban oor die naweek wat op Sondag ten einde gekom het, het die ministers op die viering van die streek se eerste SAOG se Gesonde Lewensstyldag ooreengekom oor die beplanning vir Februarie 2009.
Die vergadering wat onder voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Barbara Hogan was, was gemik daarop om te kyk na vordering in die implimentering van SAOG-gesondheidsprogramme en om strategiese beleidsraamwerke vir die streek te oorweeg.
Beleidsraamwerke meer spesifiek vir MIV/Vigs, tuberkulose, malaria, ondersteuning vir weeskinders en seksuele en voortplantingsgesondheid is bespreek.
Die vergadering het ook opgemerk dat daar goeie vordering gemaak is in die voorkoming van moeder na kind en teen-retrovirale terapie programme.
Alle SAOG-ministers van gesondheid het hulle opnuut daaraan toegewy om uitdagings in gesondheidsorg aan te spreek, en om globale en kontinentale beloftes na te kom, asook gesondheidsnavorsing.
Die doel van die byeenkoms was om nuwe voorkomingstegnologie en behandelinge te skep.
Ten opsigte van malaria het lidlande gesê hulle beoog om hulle malariaprogramme te vergroot.
Tot op hede het 12 lidlande gesê hulle gebruik die binnenshuise besproeiingsprogramme as ‘n voorkomingstegniek, en hulle het ook die voorsiening van behandelde muskietnette verhoog.

Die SAOG-ministers van gesondheid het oor die naweek die belang daarvan uitgewys om aandag te gee aan nie -oordraagbare siektes, waarna soms verwys word as lewensstylsiektes, in erkenning van die groeiende las wat dit op die Afrikastreek plaas.