Migrante-krisis verdiep

Skermutselinge het uitgebreek wes van die Hongaarse hoofstad, Boedapest, nadat die polisie probeer het om migrante van ‘n trein by ‘n vlugtelingkamp te laat afklim. Te midde van chaotiese tonele, het die polisie joernaliste van die toneel verwyder op Bicske, en verklaar dat dit ‘n “operasiesone” is. Die trein het Budapest ure tevore verlaat nadat

Lees verder: Migrante-krisis verdiep

Grafte skielik onder Medupi ontdek

‘n Tweede impakstudie by Eskom se Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale), Limpopo het gelei tot die ontdekking van verskeie swart grafte, het eNCA berig. Die onafhanklike assessering wat deur Mbofho Consulting gedoen is, het ‘n totaal van 20 “erfenisplekke”, wat sewe grafte insluit, op die terrein van die kragstasie ontdek. Eenheid Ses van Medupi is Sondag

Lees verder: Grafte skielik onder Medupi ontdek

Zuma, Al-Basjir in China

Pres. Omar al-Basjir van Soedan het in China aangeland vir ’n besoek van vier dae. ’n Lasbrief vir inhegtenisneming deur die Internasionale Strafhof uitgereik om die Soedanese president in hegtenis te neem, maar hy beplan glo ook om Amerika vandeesmaand te besoek. Hy sal in September na New York reis vir die Verenigde Nasies se

Lees verder: Zuma, Al-Basjir in China

Afriforum wen net twee setels by Tuks

Studenteraadsverkiesings by tersiêre instellings het interessante uitslae opgelewer, het RSG berig. Die DA se studentebeweging, DASO het die SR verkiesing by die Universiteit van Pretoria met vyf setels gewen. SASCO was tweede met drie setels. Tukkies was vir lank ‘n vesting van Afriforum, maar die organisasie kon net twee setels inpalm. SASCO het die SR-verkiesing

Lees verder: Afriforum wen net twee setels by Tuks

Swart onderwysers wil nie sport afrig

Die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, meen sport in skole moet voortaan verpligtend wees, maar daar is nie swart onderwysers wat “na ure” wil werk nie. Komiteelid, Strike Relegoma, sê hulle en die departement van basiese onderwys werk hard agter die skerms om sekere sportsoorte verpligtend te maak. Hy sê die nuwe nasionale skolewet

Lees verder: Swart onderwysers wil nie sport afrig

NRP ontstig oor plaasmoorde na swarte se dood

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het ‘n sterk boodskap aan die minister van polisie, Nathi Nhleko, gestuur om dringend aandag aan plaasmoorde in die land te gee. Dit kom nadat lede van die NRP gister eenparig ‘n mosie van die DA oor moorde op plase in die Vrystaat aanvaar het. DA parlementslid, George Michalakis,

Lees verder: NRP ontstig oor plaasmoorde na swarte se dood

Wie het Luister befonds?

Die sogenaamde film wat aantygings van rassisme teen die Universiteit van Stellenbosch “gedokumenteer” het, se vervaardiger is self betrokke by die aktiviste van Open Stellenbosch. Dus is die vervaardigers van Luister, Dan Corder, Markus Hegewisch, Eric Mulder en Declan Manca wat hulself as “wit mans” beskryf, nie die onpartydige filmmakers wat hulle voorgee om te

Lees verder: Wie het Luister befonds?

Dene, Duitsland waarsku dat migrantekrisis kan hande uitruk

Sommige Europese regerings weier om migrante in te neem en bied weerstand teen EU-voorstelle om die aankomelinge te huisves. Die huidige voorstelle behels dat alle lidlande migrante uit Afrika, Asië en die Midde-Ooste moet inneem. Magneetlande soos Duitsland besef dat afkeur teen immigrasie by kiesers bou en probeer die probleem versprei. Die Deense sekretaris vir

Lees verder: Dene, Duitsland waarsku dat migrantekrisis kan hande uitruk

Regering sentraliseer tender-databasis

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene het ‘n sentrale verskaffer-databasisstelsel bekendgestel. Die stelsel is glo daarop gemik om die proses te vereenvoudig om sake met die staat te doen, om korrupsie te bekamp en deursigtigheid te bevorder, het RSG berig. Die stelsel sal ook gekoppel wees aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Binnelandse Sake en die kommissie

Lees verder: Regering sentraliseer tender-databasis