Skermutselinge het uitgebreek wes van die Hongaarse hoofstad, Boedapest, nadat die polisie probeer het om migrante van ‘n trein by ‘n vlugtelingkamp te laat afklim.
Te midde van chaotiese tonele, het die polisie joernaliste van die toneel verwyder op Bicske, en verklaar dat dit ‘n “operasiesone” is.
Die trein het Budapest ure tevore verlaat nadat die polisie migrante weer by die stasie toegelaat het na ‘n beleg wat twee dae geduur het.
Intussen het daar skerp verskille tussen Europese leiers voorgekom oor hoe om die krisis te hanteer.
In Brussel, het Hongarye se Eerste Minister Viktor Orban die situasie as ‘n “Duitse probleem” beskryf omdat die migrante na Duitsland probeer gaan.
Maar die president van die Europese Raad, die Pool Donald Tusk, het gesê dat ten minste 100 000 vlugtelinge versprei moet word oor al die EU-lande.
Die krisis het Woensdag verdiep nadat hartverskeurende beeldmateriaalpropaganda oor die “menslike koste” versprei is.
Die Independent het ‘n foto van ‘n dooie klein wit seuntjie op sy voorblad geplaas. Die meeste migrante is egter nie wit nie.
Vyf migrantekinders onder 12 het in Turkse waters verdrink toe hulle probeer het om Griekeland met hul ouers te bereik.
Die Duitse kansellier, Angela Merkel en die Franse president, Francois Hollande sê hulle sal gesamentlike voorstelle indien vir die regverdige verdeling van vlugtelinge binne die Europese Unie.
Die twee leiers sê Europa moet beslissend optree en dat hy ‘n verpligting het om diegene wat vlug van oorloë en vervolging, te beskerm.
Merkel sê die Geneefse konvensie oor Vlugtelinge is bindend en alle EU-lidlande sal hul samewerking moet gee.
