praag.co.za

NRP ontstig oor plaasmoorde na swarte se dood

Written by

in

,

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het ‘n sterk boodskap aan die minister van polisie, Nathi Nhleko, gestuur om dringend aandag aan plaasmoorde in die land te gee.

Dit kom nadat lede van die NRP gister eenparig ‘n mosie van die DA oor moorde op plase in die Vrystaat aanvaar het. DA parlementslid, George Michalakis, sê in die mosie is die raad se medelye gevra nadat ‘n bejaarde swart plaasbestuurder, Robert Rhadebe, die naweek op ‘n plaas by Harrismith vermoor is.

In die mosie is daar ook aangedui dat daar sedert die begin van die jaar altesaam 16 plaasmoorde in die Vrystaat was. Dit sluit Rhadebe se moord uit.

Michalakis sê van die 16 moorde was tien van die slagoffers plaaswerkers.

Volgens hom het die raad, nadat hy die mosie aanvaar het, ‘n beroep op Nhleko gedoen dat plaasmoorde as afsonderlike misdaad in die polisie se jaarlikse misdaadsyfers ingesluit moet word. Dit moet ook ‘n voorkeurmisdaad word en ‘n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid moet gevorm word. Michalakis sê die NRP se voorstelle aan Nhleko is ‘n stap in die regte rigting omdat die NRP verteenwoordigend is van kiesers in al nege provinsies.

Michalakis sê Nhleko sal hopelik kennis neem van die NRP se voorstelle en die erns daarvan insien.

Comments

13 responses to “NRP ontstig oor plaasmoorde na swarte se dood”

  1. Maddox1 Avatar
    Maddox1

    Dis darem snaaks, as ‘n wit boer/boerin vermoor word sal ‘n koerant soos volksblad dalk ‘n klein beriggie plaas oor die “aanval” op bladsy 3 of later. Nou is ‘n swart plaas bestuurder vermoor en sommer vir 2 dae agter- volgend gaan die geteem aan oor die arme swarte in volksblad. Die DA is nog die hele tyd tjoepstil oor boere se moord, nou wat dit ‘n ou swarte ter beurt geval het , gooi hulle al die speelgoed uit die kot, en moet almal op aandag spring. Weereens die bewys, vir die DA beteken wit mense se lewens minder as niks.. nou hoekom stem Afrikaners nog vir die Joodse gemors?

  2. G Avatar
    G

    Volksmoord as dit swartes is? Hoe is swartes deel van die Afrikanervolk?

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Hulle meen seker plaasvolk moorde…

  3. Witbeer Avatar
    Witbeer

    Dis net gewone misdaad

    1. Maddox1 Avatar
      Maddox1

      Nee, nee meneer Witbeer- jy weet mos hoe dit werk, dit is net gewone misdaad as dit ‘n blanke boer is, enige ander ras ,dan is dit iets afskuweliks wat met wortel en tak uitgeroei moet word. Moet nie dat ons sukkel met jou begrip nie jong- “Get with the program” (Hiehiehie…)

      1. Meneer Witbeer Avatar
        Meneer Witbeer

        Skies oom, maar die Bere verstaan nie altyd nie, jy “explain” net baie beter.
        Die lekker ding van die gewone misdaad soos Wydkyk dit in Belgie genoem het…..dit is nou BBEE kader teen BBEE kader, so die tjornies kan dit ook nou nie Rassisme noem nie, ook kan hulle nie vir Jan van Riebeeck hierby insleep nie….of wag!! dis Apartheid se skuld. Ja.

      2. Statetheobvious Avatar
        Statetheobvious

        Juis, hulle gaan seker nou die betrokkenheid van ‘n Derde Mag ondersoek

        1. Witbeer Avatar
          Witbeer

          nooit!! dis die regses, jy weet mos hoe gevaarlik is die “regses” kyk rugby dan vrek die ander soos vliee, braai dan slaan hulle mekaar dood, gaan kerk toe dan brand die klinieke en skole, ry op die N1 dan brand die buite bande op die Golden Highway….

          1. Statetheobvious Avatar
            Statetheobvious

            Ha, ha Beer – jy moes ‘n politikus geword het

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Asof hulle nie alreeds lankal bewus is van die derde blankemoordmag
          nie. Het Malema nie by Mugabe opleiding gaan kry nie?

          1. Statetheobvious Avatar
            Statetheobvious

            Netso Riempies – dis juis sy soldate wat ongehindered oor die grense sluip om plase te kom aanval. Die aanvalle word uitgevoer met militere presiesheid

  4. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Dit is dus weer een poging om Plaasmoord als deel van volkenmoord op de Boere en onderdrukking van de conservatieve blanke bevolking onder het tapijt te schuiven.

    ‘Business as usual’ in de zogenaamde democratische rechtstaat maar feitelijke moorddadige racistische genocide plegende dictatuur.

    In een onafzienbare rij moeten staan bij justitie en politie om een aanvraag in te dienen niet verdreven, onderdrukt, vals beschuldigt en vermoord te willen worden ?

    1. Anita Schreuder Avatar
      Anita Schreuder

      Gefaalde staat, waarlik. Immigrasie moet in alle Afrikaners en blanke Suid Afrikaners se toekomsplanne wees- vryheid en veligheid in die gefaalde staat is n skip wat duidelik aan die sink is.

Leave a Reply