SA se huidige kiesstelsel die beste

Die huidige proporsionele kiesstelsel is die geskikste kiesstelsel vir Suid-Afrika het Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye verklaar. Omdat dit die beste kiesstelsel vir Suid-Afrika is, behoort dit behou te word en nie verander te word nie. Dit is die bevinding van ’n navorsingstudie oor kiesstelsels wat vir ’n

Lees verder: SA se huidige kiesstelsel die beste

Oos-Kaap ontken gesondheidskrisis

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het ‘n verslag deur die Oos-Kaapse Gesondheidskrisis-koalisie ontken waarin beweer word dat die provinsie se gesondheidsdienste besig is om in duie te stort. ‘n Woordvoerder van die departement – Sizwe Kupelo – het die verslag as oordrewe bestempel en sê dat baie sedert 1994 verander het toe die ANC aan

Lees verder: Oos-Kaap ontken gesondheidskrisis

Numsa-optog kan Bloemfontein ontwrig

Die verkeer in Bloemfontein sal na verwagting vandag ontwrig word wanneer honderde lede van die vakbond Numsa ‘n optog hou en ‘n memorandum met eise aan die Kleinhandelmotorbedryf oorhandig. Veiligheidsmaatreëls sal met die oog op die optog verskerp word. Werkers in die voertuigonderdele- en brandstofbedrywe wat sedert Maandag staak, eis ‘n verhoging van 30 rand

Lees verder: Numsa-optog kan Bloemfontein ontwrig

Protea-oproer: 100 vas nadat polisie aangeval word

Meer as 100 mense is Woensdag in hegtenis geneem weens openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in die Protea-gebied, sê die polisie in Soweto. Ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die mense is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging oor dienslewering wat in die vroeë oggendure buite Randfontein begin het. Impalaweg in die rigting van Krugersdorp en

Lees verder: Protea-oproer: 100 vas nadat polisie aangeval word

Dronk SA amptenaar by Chelsea-blommeskou afgedank

‘n Senior Suid-Afrikaanse amptenaar het die trekpas gekry omdat hy glo dronk was by die Chelsea-blommeskou in Londen. Tami Sokutu, raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), is afgedank, sê Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake. Volgens Molewa se kantoor het sy eers onlangs van die voorval in Mei vanjaar uitgevind. “Nadat die bewerings

Lees verder: Dronk SA amptenaar by Chelsea-blommeskou afgedank

Pa sterf in kamer, gesinslede in hof

Twee swart susters en ‘n broer het Dinsdag op aanklagte van moord, ontvoering en regsverydeling in die Atteridgeville-landdroshof verskyn. Samuel, Regina en Lillian Malatji het na bewering hul pa, Benedict Malatji (80), en hul kleinneefs, Kentridge Malatji en Thabo Malatji, twee jaar lank in ‘n kamer toegesluit, sê kapt. Bonginkosi Msimango. Die drie is Maandagaand

Lees verder: Pa sterf in kamer, gesinslede in hof

Meeste staatsdepartemente voldoen nie aan diensleweringsvereistes nie

Sowat 80% van regeringsdepartemente voldoen nie aan die vereistes vir dienslewering nie, toon ‘n verslag wat Woensdag deur Collins Chabane, minister in die presidensie, uitgereik is. “Dis ‘n teenstrydigheid, aangesien die verbetering van dienslewering ‘n prioriteit van die regering is,” het die Management Performance Assessment Tool (MPAT) bevind. Die verslag, wat oor die 2012/13-boekjaar die

Lees verder: Meeste staatsdepartemente voldoen nie aan diensleweringsvereistes nie

Snowden vir die Sakharov-prys vir vryheid van spraak benoem

Edward Snowden, die fluitjieblaser wat die VSA se omvattende spioenasieprogram blootgelê het, is Woensdag benoem vir die parlement van die Europese Unie se jaarlikse Sakharov-prys vir vryheid van spraak. Die 30-jarige Snowden het aansoek gedoen om asiel in Rusland nadat hy weke in die transitodeel van Moskou se lughawe moes deurbring waar hy uit Hong

Lees verder: Snowden vir die Sakharov-prys vir vryheid van spraak benoem

Kya Sands kalm na oproer

Die Kya Sands-lokasie in die noorde van Johannesburg is kalm nadat inwoners in die gebied Woensdag oproerig geraak het. “Dit is vanoggend kalm, maar beamptes monitor die gebied,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. Inwoners het Woensdag die Malibongwe-rylaan naby Cosmo City met klippe en brandende voorwerpe versper. Die pad is

Lees verder: Kya Sands kalm na oproer

Afriforum wil petisie aan VN oorhandig oor plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die families van plaasmoord-slagoffers wil ‘n petisie aan die Verenigde Nasies oorhandig om die minister van polisie te dwing om op te tree. “AfriForum het vandag [Woensdag] ‘n petisie begin vir die prioritisering van plaasmoorde,” sê Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, in ‘n verklaring. “Die petisie sal in November vanjaar aan

Lees verder: Afriforum wil petisie aan VN oorhandig oor plaasmoorde