Die Kya Sands-lokasie in die noorde van Johannesburg is kalm nadat inwoners in die gebied Woensdag oproerig geraak het.
“Dit is vanoggend kalm, maar beamptes monitor die gebied,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.
Inwoners het Woensdag die Malibongwe-rylaan naby Cosmo City met klippe en brandende voorwerpe versper.
Die pad is weer oopgestel vir verkeer, het Minnaar gesê.
Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder, het gesê die inwoners het betoog oor behuising nadat twee mense Sondag in ‘n brand gesterf het. Altesaam 50 plakkershutte is in die brand verwoes. – Sapa

Lyk weer soos toetslopies om die land vinnig te kan lamlê. Ek moet juis goed gaan aflewer by ‘n kliënt daarnaby – sal maar moet versigtig wees.
Jy moet baie versigtig wees Rooikop en as dinge nie goed lyk draai om.
Hulle moet dit net binne die lokasie hou.
Nee man hulle moet die land laat brand hoe meer en hoe gouer hoe beter!