Insek bedreig vrugtebedryf

'n Insekplaag wat die vrugtebedryf in Kalifornië twee dekades gelede feitlik lamgelê het, het kop uitgesteek in die Wes-Kaap, het 'n entomoloog van die Universiteit van Stellenbosch Dinsdag aangekondig. Die 'Granaatwitvlieg'of 'Ash whitefly' kan tuinstruike, appel-, peer-, olyf-, sitrus- en granaatbome erg beskadig volgens die verklaring wat professor Jan Giliomee uitgereik het. Giliomee het die

Lees verder: Insek bedreig vrugtebedryf

Wapenopslagplek in Johannesburg gevind

Die polisie in Gauteng het 'n wenk ontvang wat Dinsdag gelei het tot die ontdekking van 'n wapenopslagplek in 'n huis in die voorstad Westdene, Johannesburg. 'n Vonds van 1 800 rondtes ammunisie, ses magasyne vir 'n R1-geweer, 100 R5-aanvalsgeweerrondtes, twee rookgranate en 'n fakkelgranaat is gevind nadat die polisie vloerplanke in die huis in

Lees verder: Wapenopslagplek in Johannesburg gevind

CERN-versneller weer aan die gang

Die reusagtige, subatomiese partikelversneller wat deur die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) gebou is om “oerknalomstandighede” na te boots, sal teen die lente uiteindelik weer begin werk. Wetenskaplikes glo hulle weet hoe om ’n herhaling te verhoed van die probleme wat veroorsaak het dat die LHC-versneller (Large Hadron Collider) slegs nege dae ná sy groot

Lees verder: CERN-versneller weer aan die gang

Beurtkrag is nie verby

Suid-Afrika wat gebuk gaan onder ’n energiekrisis is steeds onder druk, maar die wêreldwye ekonomiese krisis het die vraag na krag laat taan en die land kans gebied om aan die kragvraag te voldoen, het Dipuo Peters, minister van energie, Dinsdag gesê.  Suid-Afrika het sedert Januarie verlede jaar beurtkrag toegepas toe die nasionale kragnetwerk byna

Lees verder: Beurtkrag is nie verby

Groot Vyf nou Sewe

Witdoodhaai in Valsbaai Suid-Afrika se sogenaamde Groot Vyf sal binnekort as die Groot Sewe bekend staan wanneer die haai en die walvis amptelik by dié toeriste aantreklikheid gevoeg word. Volgens die minister van Omgewingsake, Buyelwa Sonjica, het die departement besluit om die twee by die huidige groot vyf te voeg, wat tans uit die leeu,

Lees verder: Groot Vyf nou Sewe

‘SARK nie die enigste Christene nie’

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke probeer Jesus "privatiseer" en dit in 'n Christelike kultus verander, het die Vriende van Jacob Zuma Trust Woensdag in 'n verklaring gesê. "Ons weier soos baie ander Suid-Afrikaanse Christene om toe te laat dat die SARK optree asof hulle Jesus Christus besit. Dit is duidelik dat die godsdiensliggaam die Christelike

Lees verder: ‘SARK nie die enigste Christene nie’

FIFA voor Afrikasokkerdilemma

Die Beweging vir die Emansipasie van die Nigerdelta, bekend as MEND, het 'n e-pos aan FIFA gestuur om hulle te waarsku dat sokker nie in Afrika sonder meer sonder probleme gespeel gaan word nie. Hulle het die wêreldsokkerliggaam aangeraai om nie die onder-17 toernooi in Nigerië aan te bied nie. Om die erns van hulle

Lees verder: FIFA voor Afrikasokkerdilemma

Angola martel separatiste s? HRW

Angola se weermag het vermeende separatiste in die olieryke Kabinda gemartel volgens die menseregteorganisasie Human Rights Watch se verslag wat Maandag vrygestel is. Hulle het die regering dringend versoek om onwettige arrestasies van beweerde rebelle te staak. Ten minste 38 mense is sonder rede deur die weermag tussen September 2007 en Maart 2009 in die

Lees verder: Angola martel separatiste s? HRW

Britte wil nuwe grondwet in Zim sien

Britse premier, Gordon Brown, het na sy ontmoeting met Morgan Tsvangirai gesê 'n nuwe grondwet binne die volgende 18 maande en verkiesings wat daarop volg, is wat sy land graag sou wou siem in ruil vir hulp aan Zimbabwe. Hy het daarmee te kenne gegee dat hervorming nodig is voordat grootskaalse beleggings in die land sal

Lees verder: Britte wil nuwe grondwet in Zim sien