"Ons weier soos baie ander Suid-Afrikaanse Christene om toe te laat dat die SARK optree asof hulle Jesus Christus besit. Dit is duidelik dat die godsdiensliggaam die Christelike geloof in een of ander kultus wil verander wat aan 'n spesifieke groep behoort."
Die Trust het gereageer op verklarings van die SARK dat president Jacob Zuma "besig is om sake van aardse belang met sake wat as heilig beskou word, te verwar".
Zuma het weer die naweek aan 'n skare by 'n ANC-byeenkoms in Mpumalanga gesê die party sal regeer tot Jesus kom.
Die Trust het gesê hulle "wens die SARK wil met ander Christelike liggame in die toekoms konsulteer voordat hulle dink hulle is die enigste Christene in die land". Hulle het ook gesê die SARK is nie die enigste Christelike gemeenskap wat aan mense toestemming kan gee om te bid nie.
Gaya Mlangeni, die Trust se voorsitter in Gauteng, het gesê Zuma is, soos SARK-lede, 'n Christen en "het die reg om homself op enige element van sy geloof te beroep".
Hulle glo ook by die Trust dat die ANC sal regeer tot Jesus kom. Eddie Makue, die SARK se sekretaris-generaal het egter gesê die ANC moet onthou dat die mense van Suid-Afrika bepaal wie regeer.
