Suid-Afrika wat gebuk gaan onder ’n energiekrisis is steeds onder druk, maar die wêreldwye ekonomiese krisis het die vraag na krag laat taan en die land kans gebied om aan die kragvraag te voldoen, het Dipuo Peters, minister van energie, Dinsdag gesê.
Suid-Afrika het sedert Januarie verlede jaar beurtkrag toegepas toe die nasionale kragnetwerk byna inmekaargestort het en myne en smelters is gedwing om vir dae toe te maak.
Peters het gesê Suid-Afrika is nog nie uit die moeilikheid nie. “Indien dit nie vir die ekonomiese afswaai was nie, sou ons steeds beurtkrag toegepas het,” het sy gesê.
