FIFA voor Afrikasokkerdilemma

Die Beweging vir die Emansipasie van die Nigerdelta, bekend as MEND, het 'n e-pos aan FIFA gestuur om hulle te waarsku dat sokker nie in Afrika sonder meer sonder probleme gespeel gaan word nie. Hulle het die wêreldsokkerliggaam aangeraai om nie die onder-17 toernooi in Nigerië aan te bied nie.

Om die erns van hulle versoek te onderstreep is Abiel Tabor, kaptein van Bayelsa United wat Sondag Nigerië se Premierligasokkertoernooi gewen het, kort na die eindstryd deur Mend-rebelle vermoor.

FIFA sit tans met 'n kopseer in Suid-Afrika waar skeidsregters nie hulle werk doen nie, stadions half leeg is en velde veel te wense oorlaat. Daarbenewens word die atmosfeer vir besoekers bederf deur die aanhoudende lawaai van die vuvuzelas wat Afrikane nou as 'n kulturele reg om algar se gehoor permanent te beskadig, geëien het.

Die hopelose Suid-Afrikaanse span is 'n verdere verleentheid vir sokkerbaas Sepp Blatter en om die gasheerland vir 2010 se toernooi se tekorkominge te verbloem het hy juis die vriendelike Afrikagees aan voornemende toeskouers probeer verkoop.

Chevron, wat olie in die Delta pomp, is hoogs kwesbaar nadat die VSA ook vir die jeugtoernooi gekwalifiseer het. Die lande wat deelneem is Algerië, Gambia, Nigerië, Burkina Faso, Malawi, Iran, Suid-Korea, Japan, die VAE, Duitsland, Nederland, Switserland, Italië, Spanje, Turkeie, Costa Rica, Honduras, Meksiko, Argentinië, Brasilië, Colombia, Uruguay and Nieu-Seeland.

Volgens FIFA-reëls kan lande wat aan die toernooi onttrek gestraf word as daar deur hulle afgekondig is dat die toernooi voortgaan

Dit verteenwoordig 'n yslike dilemma vir FIFA wat aanstons sal moet besluit of Afrika werklik die kontinent is waar 'n nuwe sokkerlente gaan aanbreek.

deposit freeтопкарго отзыв