CERN-versneller weer aan die gang

Die reusagtige, subatomiese partikelversneller wat deur die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) gebou is om “oerknalomstandighede” na te boots, sal teen die lente uiteindelik weer begin werk.

Wetenskaplikes glo hulle weet hoe om ’n herhaling te verhoed van die probleme wat veroorsaak het dat die LHC-versneller (Large Hadron Collider) slegs nege dae ná sy groot aanskakeling in September verlede jaar weer afgeskakel moes word.

Dr. Steve Myers van CERN het gesê die LHC – die grootste, ingewikkeldste masjien wat tot nog toe gebou is – het oorverhit weens ’n foutiewe splitsing in ’n supergeleierkabel wat twee verkoelingsmagnete verbind het. Daar is 10 000 sulke splitsings om die ondergrondse partikelversneller se 27 km lange magnetiese ring.

In die LHC-ring kan deeltjies by ’n temperatuur van net bo “absoluut zero” teen mekaar gestamp word om toestande tydens die oerknal, 13,7 miljard jaar gelede, te herskep.

Die yslike masjien het R74 miljard gekos om te bou.

Onder die herstelwerk en modifikasies wat gedoen is, tel ’n stelsel wat sal reageer as die kern opwarm, verskeie drukverligtingskleppe, verbeterde vakuumtegnologie en sterker ankers om die LHC-magnete teen die grond te anker.

“Al hierdie ekstra aanpassings berei die masjien net voor vir ’n lang en veilige operasionele leeftyd.”

hair accessoriesАлександр Фильчаков прокурор