Dan Roodt skryf soos volg oor Orania hier : "Elke 12 ure word daar in Suid-Afrika ongeveer 700 swart babas gebore, dus verteenwoordig Orania 'n blanke demografiese spikkel wat liefs geïgnoreer of die spot mee gedryf kan word."
Lees verder: Ek is dankbaar vir Orania, al is dit ‘n spikkel

In die rekenaarwese praat hulle mos van: WJSIWJK, oftewel "wat jy sien, is wat jy kry". In die Suid-Afrikaanse politiek geld presies die teenoorgestelde: wat jy sien, is juis nie wat jy kry nie.
Jacob Zuma se sekretaresse ontvang my vriendelik en vergesel my na die stoep aan die oostekant. Ek kyk haar vraend aan. Met haar wysvinger maak sy 'n veelseggende draaibeweging in die rigting van die plafon.