Nigeriese militantes verleng skietstilstand met ‘n maand

Militante magte in Nigerië sê hulle verleng ‘n skietstaking wat deur die nag verval het, met een maand, maar het gewaarsku hulle sal aanvalle hervat indien die grondoorsake van die konflik nie aangespreek word nie.

Die Beweging vir die Emansipasie van die Niger Delta (MEND) het ‘n tweemaandlange onderbreking van hulle veldtog om olie-installasies en om buitelanders te ontvoer, in Julie ingestel. Hulle het gesê hulle hoop die skietstaking sal gesprekke met die regering bespoedig.

Die groep sê gister in ‘n verklaring dat hulle nie ‘n amnestie-aanbod van die regering in ag neem nie en dat die regering “geen maatreëls getref het vir betekenisvolle dialoog nie.”

Hulle sê die regering moet die skietstakingverlenging gebruik “om die regte ding te doen eerder as om voor te gee dat hulle oor vrede onderhandel terwyl hulle die weermag bewapen vir ‘n oorlog wat hulle nie kan wen nie.” 

free casino no deposit bonusФильчаков

Somaliese regering verheug oor Amerikaanse aanval op al-Kaida

Somalië se oorgangsregering het Woensdag ‘n Amerikaanse lugaanval wat ‘n gesoekte al-Kaida leier in dié wettelose Horing –van-Afrikaland gedood het, aangeprys.

“Ons verwelkom die aanval deur die Amerikaanse magte in suidelike Somalië,” sê Abdi Mohamed Ulusow, ‘n senior buitelandse-sake segsman.

“Somalië het vir so lank stabiliteit kortgekom en is toegegooi in chaos. Dit kan nie boonop ‘n gasheer vir buitelandse moeilikheidmakers met kriminele rekords in hulle lande wees nie,” het hy bygevoeg.

Amerikaanse amptenare het die aanslag Maandag bevestig en gesê dat Saleh Ali Saleh Nabhan in ‘n operasie in suidelike Somalië gedood is.

Nabhan, ‘n Keniaanse boorling, is deur die FBI gesoek na aanleiding van die anti-Israeli aanvalle in Mombassa in 2002.

Somalië se Shebab ekstremiste groep wat bande met al-Kaida het, het erken dat Nabhan een van hulle bevelvoerders was en dat hy tydens die lugaanval dood is.

Washington het telkens hulle besorgdheid oor die land in die Horing van Afrika uitgespreek. Dit is sedert 1991 deur geweld geteister en is ‘n veilige vesting vir el-Kaida ekstremiste.

Die Shebab, wat ‘n aanslag teen die internasionaal ondersteunde Somaliese regering lei, het wraak oor Nabhan se dood gesweer. 

коврики пазлылобановский александр интервью

Dis veilig om in Zim te bel?, s? Mugabe

Sakemanne is gister deur President Robert Mugabe van Zimbabwe verseker dat hulle geld veilig sal wees in Zimbabwe. Intussen het die minister van finansies aangekondig dat die land ongeveer R45-miljard in die skuld is.

Mugabe het ‘n tweedaglange vergadering oor beleggings in die eens springlewendige mynbedryf geopen en gesê dat Zimbabwe se eenheidsregering, soos hy dit gestel het, “bevredigende vooruitgang” gemaak het om ‘n bevorderlike beleggingsomgewing te maak.

“Die onaantasbaarheid van eiendomsregte en die soewereiniteit van die gereg in al sy dimensies word ten volle eerbiedig,” het hy gesê, sonder om te blik of bloos.

Zimbabwe se ekonomiese ineenstorting het begin nadat Mugabe die beslaglegging van duisende blanke kommersiële plase in 2000 gelas het. Dit het die landbougebaseerde ekonomie in die voormalige broodmandjie van die streek noodlottig geraak.

Sy kritici wys op voortgesette menseregteskendings, grondonteienings en wette wat ‘n meerderheid plaaslike aandeel in buitelandse firmas vereis.

Mugabe dring daarop aan dat die Eerste Minister, Morgan Tsvangirai, die voormalige opposisieleier, meer moet doen om sanksies opgehef te kry en buitelandse beleggings te herstel.

Maar die Europese Unie en ander Westerse lande sê die koalisie, wat in Februarie gevorm is, het nog nie genoeg gedoen om wet en orde te hervestig en om met demokratiese hervormings te begin nie. Hulle beskuldig Mugabe en hoëvlak lojaliste daarvan dat hulle veranderinge weerstaan. 

mobile roulette free bonusФильчаков прокуратура харьков

UJ se nuwe taalbeleid

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Pansat, het Woensdag 'n besluit van die Universiteit van Johannesburg verwelkom om Sepedi, Engels, Afrikaans en Zoeloe as die amptelike tale van die instelling te aanvaar.

"Dié transformasie sal beslis werklike betekenis aan die grondwet gee deur die gelyke gebruik en genot van al die amptelike tale te bevorder," het Pansat se hoofuitvoerende beampte, Chris Swepu in 'n verklaring gesê.

"Dit gee studente ook 'n kans om te voel dat hulle ware Suid-Afrikaners is, en dit is wat mense soos Steve Biko hulle laaste asems voor gegee het."

Hy het gepraat by die bekendstelling van die nuwe taalbeleid waar Sepedi (ook bekend as Noord-Sotho of Sesotho sa Leboa), Engels, Afrikaans en Zoeloe gebruik gaan word.

Swepu sê dit was "onaanvaarbaar" dat "inheemse tale deurentyd op die rand uitgeskuif word deur instellings".

"Ons kan nie 'n situasie onderhou waar die meerderheid burgers gedwing word om hulle grondwetlike regte wat toegang tot opvoeding, geregtigheid en inligting waarborg by die hekke van hulle huise agterlaat nie. [Die huidige situasie] bevorder die historiese meerderwaardigheid van Engels en Afrikaans," het Swepu gesê.

wedding tiaraФільчаков Олександр Васильович прокурор

Diensleweringgeweld in Luphisi

Mpumalanga se LUR vir regering en tradisionele sake, Norman Mokoena, het Woensdag die gewelddadige oproer in Luphisi veroordeel.

"Alhoewel ons individue se reg om kommer te wys, respekteer, moet dit binne die raamwerk van die reg geskied."

Segsman Simphiwe Kunene het gesê hulle verwerp "disinformasie deur kwaadwillige individue dat die LUR met die gemeenskap gepraat het en beloftes gemaak het".

Kunene sê die department "hanteer die gemeenskap se griewe as top proitrteit maar sal die geweld en die vernietiging van eiendom nie duld nie".

Hy het gemeenskappe aangemoedig om na vore te kom met hulle griewe.

Dit volg op Woensdagoggend se diensleweringsprotes van handuit geruk het by Luphisi, oos van Nelspruit.

Twee mense is beseer toe inwoners begin klippe gooi het en strate afgesper het sodat busse nie kon ry nie. 'n Polisievoertuig is na bewering ook gebrand.

Betogers het die plaaslike munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle nie hulle belofte om die hoofstraat te teer nagekom het nie.

Die LUR vir openbare werke, Clifford Mukansi, het voorheen die gebied besoek en aan 1 000 gemeenskapslede belowe dat die bou van die pad Donderdag sal begin.

 

promoter instagramлобановский александр отзывы

‘Baie vyandige situasie’ op Wits-kampus

Image

Betogers staan in groepies voor die Grootsaal rond

Die kampus van die universiteit van die Witwatersrand word tans geteister deur soms gewelddadige betogings oor 'n verhoging in studiegelde. Die provinsiale leier van die SA Students Congress, Themba Masondo, het die situasie tussen die bestuur en studente as "baie vyandig" beskryf.

"Onderhandelinge duur voort… ons vind die bestuur hoogs arrogant. Die situasie is baie vyandig," het hy gesê.

Die polisie handhaaf 'n teenwoordigheid op die kampus en vanmiddag het dinge kalmer voorgekom as gister toe klasse ontwrig is.

Die konflik oor studiegelde het ook 'n rassedimensie aangeneem met hoofsaaklik swart studente wat aan die betoging deelneem. Blanke studente het vandag hul gang gegaan en 'n lentekonsert buite die Grootsaal bygewoon waar 'n nabootsing van die Berlynse muur opgerig is.

'n Student in finansies en ekonomie, Tumz B, meen die betoging bring die onderliggende klasse- en rasseverdeeldheid aan die Universiteit van die Witwatersrand na vore.

"Ek haat dit om dit as swart en wit te beskryf want die verdeling is meer na gelang van klas, maar dis 'n feit dat die armer studente meesal swart is.

"Die meeste blanke studente gaan nie betoog nie want hul ouers kan die studiegeld bekostig," het hy gesê.

Ander studente het gevoel die verhoging in studiegeld is 'n normale deel van universiteitsopvoeding.

"Alles gaan op, mens kan nie daarvan wegkom nie," het die eerstejaarstudent, Denise Tamagnone, gesê.

Sy voel die betoging is "intimiderend en nogal angsaanjaend".

"Die betogers het in een van my lesings ingestorm en op ons lessenaars gespring," het sy gesê, en bygevoeg dat dit onregverdig is om op haar eie kampus onveilig te voel.

'n Mediese student Trisha-Gean Mahon meen studente behoort eerder 'n brief aan die dekaan te skryf om hul griewe te lug.

"Ek dink nie dit gaan enigiets regkry nie, hulle behoort aan 'n ander manier te dink, soos om vir die dekaan te skryf," het sy gesê.

Die betogers sou laat vanmiddag oor die vordering met onderhandelings ingelig word.

пуско зарядное устройство купитьФільчаков прокурор

Nuwe hofsaak oor Pretoria-naam

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die party die Tshwane-metroraad se nuutste poging om eensydig die naam van Pretoria na Tshwane te herdoop, met alles in sy vermoë sal beveg.

Dit volg nadat hofstukke afgelewer is waarin die Tshwane-metroraad die Vryheidsfront Plus, AfriForum en dr. Conrad Beyers voor die hof daag ten einde toestemming te kry om naamborde met die naam “City of Tshwane” in en om Pretoria op te rig. Volgens die hofstukke sal die saak op die 6de Oktober voor die Noord-Gautengse Hooggeregshof kom.

Einde 2007 het die VF Plus, AfriForum en Beyers ‘n interdik teen die metroraad verkry wat hulle verbied het om naamborde wat na Pretoria as Tshwane verwys, op te rig. Die metroraad het nou ‘n nuwe aansoek gebring in ‘n poging om die interdik te omseil.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die metroraad, is hierdie ‘n verdere bewys dat die plaaslike ANC geensins belangstel om in ‘n gees van versoening op te tree nie. Hierdie is die ANC se oudste truuk: Om die aandag af te lei van die finansiële ramp wat hulle vir die hoofstad geskep het, wend hulle hul tot naamsveranderinge.

“Die plaaslike ANC se vyandige optrede teenoor Afrikaners se erfenis druis lynreg in teenoor pres. Zuma se toenaderende houding teenoor Afrikaners. Die Vryheidsfront Plus het al by verskeie geleenthede gesê dat die party oop is vir ‘n kompromie oor die naamkwessie, maar dit is duidelik dat die plaaslike ANC die roete van openlike konfrontasie verkies,” het Beyers gesê.  

Volgens Beyers besef die VF Plus dat voorbereidings vir die 2010 Fifa-Wêreldbeker getref moet word en dat naamborde aangebring moet word. “Die VF Plus wil ook so gou moontlik hê dat naamborde opgerig moet word by die stad se ingange. Maar die naam wat daarop moet staan is Pretoria.”

Die VF Plus sal in konsultasie met sy regspan binnekort verdere aksie bekendmaak.

чемпионат мира по парусному спортуДанильченко Харьков

Wit tiener op skoolbus aangeval

Image 

'n Wit leerling, 17, van Belleville West High School in St Louis, in die deelstaat Missouri in die VSA, is Maandag deur swartes aangerand omdat hy langs hulle wou sit.

Die busbestuurder het nie 'n vinger gelig nie, aangehou ry en die tieners beveel om te "sit". Die swart tieners het die aanvaller aangemoedig en gelag daaroor.

Die swart tieners en hulle ouers het ontken dat die insident rassisties was.

Die talle wit tieners en hulle ouers het Dinsdagmiddag gesê hulle voel die aanval was deur rassisme gemotiveer en dat die skool lank reeds onder rassespanning gebuk gaan.

Nadat Belleville se polisiekaptein Don Sax eers gesê het die aanval is rassisties, het hy koerantvoorblaaie gehaal Woensdag deur sy deuntjie te verander.

светильники производителипрокурор харьковской области

Mynman verdedig Maroga se salaris

Bobby Godsell, Eskom-voorsitter en regterhand van mynbelange in Suid-Afrika, het Dinsdag aan die portefeuljekomitee vir openbare ondernemings gesê dat Jacob Maroga se salaris van R5 miljoen per jaar toepaslik is.

Godsell het gesê mediaberigte oor ’n 26,7%-verhoging is “misleidend en onbehulpsaam” want Maroga het ’n verhoging van 9% gekry en geen bonus nie.

Daar is glo besluit om die betaling van langtermynbonusse uit Eskom se aandeleskema, uit te stel totdat die maatskappy finansieel gelyk breek, het hy gesê.

Godsell sê ’n “intelligente debat” moet gevoer word oor Maroga se salaris omdat Eskom ’n omset van meer as R100 miljard per jaar het.

'n Internasionale kundige het Maroga dadelik nadat hy aangestel is, gewaarsku oor ’n dreigende krisis weens Eskom se steenkoolvoorraad, maar hy het dit klaarblyklik geïgnoreer. Die voorsieningskrisis het die land in Januarie 2008 getref.

Maroga verdien twee keer meer as die president, volgens Pieter van Dalen van die DA. Hy het gesê die verhoging is boonop toegestaan ná die kragkrisis waarvoor verbruikers steeds moet opdok.

Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, het aan die portefeuljekomitee gesê krag teen die huidige prys aan verbruikers is nie volhoubaar nie.Eskom kan nie met sy kapitale uitbreidingsprogram van R400 miljard voortgaan teen huidige tariewe nie, het sy gesê.

how to play cludoтопкарго развод

Carter betreur ‘rassistiese uitbarsting’ teen Obama

Image

Jimmy Carter

Oud-president Jimmy Carter sê 'n Kongreslid se uitbarsting teen president Barack Obama tydens 'n toespraak verlede week was op rassisme gegrond en vrees vir 'n swart president.

"Ek dink dis op rassisme gegrond," het Carter Dinsdag in Atlanta gesê. "daar is 'n inherente gevoel by baie mense in dié land dat Afro-Amerikaners nie president behoort te wees nie."

Carter het gesê dit is deel van 'n kommerwekkende groeiende tendens wat betogers wat Obama met Nazi-leiers vergelyk, insluit.

Joe Wilson, 'n Republikein van Suid-Carolina, is verlede Woensdag geroskam omdat hy tydens Obama se toespraak geskree het "Jy lieg!".

Die onderbreking het gekom terwyl die president oor onwettige immigrante gepraat het wat nie federale subsidies behoort te ontvang om gesondheidsorg te koop nie.

Republikeine het onderlangs begin brom toe die president dit sê en daarna het Wilson uitgeskree.

Dinsdag se roskam was 'n rare resolusie wat deur die Demokrate deurgedwing is omdat hulle daarop aangedring het dat Wilson die basiese reëls van beskaafdheid oortree het.

Volgens Republikeine was dit 'n heksejag teen Wilson, wat reeds verskoning aangeteken by Obama het vir sy uitroep en volgehou het dat hy die Huis geen verskoning skuld nie.

'n Voormalige Demokratiese partyvoorsitter Dick Harpootlian, sê hy glo nie Wilson is deur rassisme gemotiveer nie, maar sy uitbarsting moedig rassistiese sienings aan.

Hy stem saam dat die opmerking wel rassisme kan bevestig.

Carter het Wilson se uitroep as "gemeen" beskryf en 'n naskok van rassistiese sienings wat Amerikaanse politiek dekades lank gekenmerk het.

"Die president is nie net die hoof van die regering nie, hy is die staatshoof," het hy gesê. "En dit maak nie saak hoe veel ons verskil van sy beleid nie, die president moet met respek behandel word."

mosoblburenieЛобановский Харьков