Somaliese regering verheug oor Amerikaanse aanval op al-Kaida

Somalië se oorgangsregering het Woensdag ‘n Amerikaanse lugaanval wat ‘n gesoekte al-Kaida leier in dié wettelose Horing –van-Afrikaland gedood het, aangeprys.

“Ons verwelkom die aanval deur die Amerikaanse magte in suidelike Somalië,” sê Abdi Mohamed Ulusow, ‘n senior buitelandse-sake segsman.

“Somalië het vir so lank stabiliteit kortgekom en is toegegooi in chaos. Dit kan nie boonop ‘n gasheer vir buitelandse moeilikheidmakers met kriminele rekords in hulle lande wees nie,” het hy bygevoeg.

Amerikaanse amptenare het die aanslag Maandag bevestig en gesê dat Saleh Ali Saleh Nabhan in ‘n operasie in suidelike Somalië gedood is.

Nabhan, ‘n Keniaanse boorling, is deur die FBI gesoek na aanleiding van die anti-Israeli aanvalle in Mombassa in 2002.

Somalië se Shebab ekstremiste groep wat bande met al-Kaida het, het erken dat Nabhan een van hulle bevelvoerders was en dat hy tydens die lugaanval dood is.

Washington het telkens hulle besorgdheid oor die land in die Horing van Afrika uitgespreek. Dit is sedert 1991 deur geweld geteister en is ‘n veilige vesting vir el-Kaida ekstremiste.

Die Shebab, wat ‘n aanslag teen die internasionaal ondersteunde Somaliese regering lei, het wraak oor Nabhan se dood gesweer. 

коврики пазлылобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae