Nuwe hofsaak oor Pretoria-naam

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die party die Tshwane-metroraad se nuutste poging om eensydig die naam van Pretoria na Tshwane te herdoop, met alles in sy vermoë sal beveg.

Dit volg nadat hofstukke afgelewer is waarin die Tshwane-metroraad die Vryheidsfront Plus, AfriForum en dr. Conrad Beyers voor die hof daag ten einde toestemming te kry om naamborde met die naam “City of Tshwane” in en om Pretoria op te rig. Volgens die hofstukke sal die saak op die 6de Oktober voor die Noord-Gautengse Hooggeregshof kom.

Einde 2007 het die VF Plus, AfriForum en Beyers ‘n interdik teen die metroraad verkry wat hulle verbied het om naamborde wat na Pretoria as Tshwane verwys, op te rig. Die metroraad het nou ‘n nuwe aansoek gebring in ‘n poging om die interdik te omseil.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die metroraad, is hierdie ‘n verdere bewys dat die plaaslike ANC geensins belangstel om in ‘n gees van versoening op te tree nie. Hierdie is die ANC se oudste truuk: Om die aandag af te lei van die finansiële ramp wat hulle vir die hoofstad geskep het, wend hulle hul tot naamsveranderinge.

“Die plaaslike ANC se vyandige optrede teenoor Afrikaners se erfenis druis lynreg in teenoor pres. Zuma se toenaderende houding teenoor Afrikaners. Die Vryheidsfront Plus het al by verskeie geleenthede gesê dat die party oop is vir ‘n kompromie oor die naamkwessie, maar dit is duidelik dat die plaaslike ANC die roete van openlike konfrontasie verkies,” het Beyers gesê.  

Volgens Beyers besef die VF Plus dat voorbereidings vir die 2010 Fifa-Wêreldbeker getref moet word en dat naamborde aangebring moet word. “Die VF Plus wil ook so gou moontlik hê dat naamborde opgerig moet word by die stad se ingange. Maar die naam wat daarop moet staan is Pretoria.”

Die VF Plus sal in konsultasie met sy regspan binnekort verdere aksie bekendmaak.

чемпионат мира по парусному спортуДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae