Dis veilig om in Zim te bel?, s? Mugabe

Sakemanne is gister deur President Robert Mugabe van Zimbabwe verseker dat hulle geld veilig sal wees in Zimbabwe. Intussen het die minister van finansies aangekondig dat die land ongeveer R45-miljard in die skuld is.

Mugabe het ‘n tweedaglange vergadering oor beleggings in die eens springlewendige mynbedryf geopen en gesê dat Zimbabwe se eenheidsregering, soos hy dit gestel het, “bevredigende vooruitgang” gemaak het om ‘n bevorderlike beleggingsomgewing te maak.

“Die onaantasbaarheid van eiendomsregte en die soewereiniteit van die gereg in al sy dimensies word ten volle eerbiedig,” het hy gesê, sonder om te blik of bloos.

Zimbabwe se ekonomiese ineenstorting het begin nadat Mugabe die beslaglegging van duisende blanke kommersiële plase in 2000 gelas het. Dit het die landbougebaseerde ekonomie in die voormalige broodmandjie van die streek noodlottig geraak.

Sy kritici wys op voortgesette menseregteskendings, grondonteienings en wette wat ‘n meerderheid plaaslike aandeel in buitelandse firmas vereis.

Mugabe dring daarop aan dat die Eerste Minister, Morgan Tsvangirai, die voormalige opposisieleier, meer moet doen om sanksies opgehef te kry en buitelandse beleggings te herstel.

Maar die Europese Unie en ander Westerse lande sê die koalisie, wat in Februarie gevorm is, het nog nie genoeg gedoen om wet en orde te hervestig en om met demokratiese hervormings te begin nie. Hulle beskuldig Mugabe en hoëvlak lojaliste daarvan dat hulle veranderinge weerstaan. 

mobile roulette free bonusФильчаков прокуратура харьков