Agt mense is Maandag in hegtenis geneem na geweld in Diepsloot, Johannesburg, uitgebreek het, volgens die polisie. "Ons het agt mans om twee uur vanmore (Maandag) in hegtenis geneem, net voor die situasie kalmeer het," het inspekteur Daniel Mavimbele gesê. Die agt is gearresteer ná openbare geweld Sondag uitgebreek het met honderde inwoners wat ontevrede
‘Burgerlike ongehoorsaamheid’ dien tog ‘n doel op Sannieshof
Ek is “die vorige direkteur van tegniese dienste wat nie die tegniese aspekte bymekaar kon hou nie” soos Hennie Breytenbach in sy brief vermeld. Ek wil nie in ‘n lang debat betrokke raak nie maar wil tog die volgende feite aan u deurgee.

Lees verder: ‘Burgerlike ongehoorsaamheid’ dien tog ‘n doel op Sannieshof
SAUK-werknemers begin protesaksie
Bykans die helfte van die SAUK se werknemers het gesê hulle gaan Maandag met protesaksie vir hoër salarisse begin. Die vakbond Mwasa sê hulle verwag al 600 hulle lede sal deelneem aan die aksie, terwyl die Kommuniskasiewerkersunie ook aangedui het dat 'n 1 000 van hulle lede gaan deelneem. Die SAUK het net meer as
Bernie Madoff: Die grootste swendelaar van alle tye
Bernard Lawrence "Bernie" Madoff het die twyfelagtige eer as die grootste swendelaar van alle tye verwerf. Hy kom van 'n gewone Joodse familie in New York. Sy pa, Ralph, was eers 'n loodgieter voordat hy aandelemakelaar geword het. Dinge het beter gegaan en sy seun Bernie kon sy höerskoolloopbaan voltooi en universiteit toe gaan. Bernie behaal 'n graad in politieke wetenskap aan die Hoffstra-universiteit.

Lees verder: Bernie Madoff: Die grootste swendelaar van alle tye
Franse generaal verdedig rol in volksmoord
Gen. Lafourcade Die Franse bevelvoerder van operasie Turquoise in Rwanda, generaal Jean-Claude Lafourcade, sê 15 jaar na die volksmoord aldaar, hulle het 'n goeie ding gedoen. Die Franse word allerweë veroordeel dat hulle deels vir die volksmoord verantwoordelik was omdat hulle die moordenaars beskerm het. Lafourcade sê egter die hele wêreld het die operasie ondersteun
Lank leef vroueregte!
баня хамам чтоФильчаков прокуратура харьков
Frankryk waaksaam na Moslemdreigement
Franse amptenare was Woensdag waaksaam nadat Moslems gedreig het om wraak te neem oor president Nicolas Sarkozy se kritiek teen die boerka.

Facebook verander MySpace in swart ghetto
Facebook het MySpace in 'n swart ghetto verander weens die feit dat blankes gevlug het van laasgenoemde netwerk, sê 'n sosiale navorser in die VSA.

Amerikaanse offensief kan Taliban laat groei
Daar is in baie dele in die suide van Afghanistan 'n gevoel van openlike verset in die lug, wat Amerikaanse magte se taak om die plaaslike bevolking se vertroue te wen bemoeilik.
Die Taliban is gewild in veral die provinsie Helmand en dorpenaars het die wapen opgeneem teen die invallers om hulle huise te beskerm of uit weerwraak omdat 'n familielid in 'n Amerikaanse lugaanval gedood is.

Colesberg-inwoners herstel elektrisiteit met hofbevel
Die Aksiegroep Colesberg het daarin geslaag om die elekrisiteitsvoorsiening aan inwoners met 'n hofbevel herstel te kry. Die Aksiegroep en sy lede verkeer tans in dispuut met die sogenaamde Umsobomvu-munisipaliteit weens onredelike tariefstygings en gebrek aan dienslewering.

Lees verder: Colesberg-inwoners herstel elektrisiteit met hofbevel