Amerikaanse offensief kan Taliban laat groei

Daar is in baie dele in die suide van Afghanistan 'n gevoel van openlike verset in die lug, wat Amerikaanse magte se taak om die plaaslike bevolking se vertroue te wen bemoeilik.

Die Taliban is gewild in veral die provinsie Helmand en dorpenaars het die wapen opgeneem teen die invallers om hulle huise te beskerm of uit weerwraak omdat 'n familielid in 'n Amerikaanse lugaanval gedood is.

Ander weer, het by die Taliban aangesluit uit armoede of omdat die Taliban die enigste alternatief bied op wat hulle as 'n vyandelike mag beskou.

Donderdagoggend het 4 000 Amerikaanse seesoldate 'n groot offensief begin om die streek terug te neem van die insurgente. Die spesialissoldate vorm deel van 'n meer uitgebreide ontplooiing van addisionele magte wat die nuwe Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan, Gen. Stanley A. McChrystal, aangekondig het.
Die offensief is daarop gemik om nie alleen die Taliban uit te roei nie, maar om ook die bevolking te beskerm. Laasgenoemde skyn 'n haas onbegonne taak te wees aangesien die Taliban ten minste die platteland van twee provinsies, naamlik Kandahar en Helmand, heeltemal oorheers.
 
Hewige gevegte, waarsku plaaslike inwoners en amptenare van die huidige eenheidsregering, gaan verhoudinge tussen die invallers en die plaaslike bevolking verder versuur. Die regering het geen verteenwoordiging in 5 van Helmand se 13 provinsies nie en in verskeie ander, soos Nawa, is troepe en amptenare in die geïsoleerde dorpe waar hulle wel teenwoordig is, onder beleg.

In landelike gebiede word die Taliban se gesag aanvaar en inwoners vrees die opbou van Amerikaanse troepe. In Junie het hulle gesê om onder Talibanbeheer te leef is vir hulle beslis verkieslik. Artillerievuur en lugaanvalle deur 'n buitelandse mag bly vir die meeste 'n steen des aanstoots.

Die suidelike provinsies het die grootste burgerlike lewensverlies sedert die NAVO-ontplooiing in 2006 ervaar. Gevegte het ook duisende vlugtelinge na nabygeleë dorpe laat stroom.

Meer mense ondersteun die Taliban as die regering, sê Abdoel Kadir Noorzai, hoof van die Afghaanse Onafhanklike Menseregtekommissie. Gemeenskapsleiers sê die Taliban is 'n bekende, waar die regering en 'n buitelandse mag heeltemal onbekend is.

Die Amerikaans invallers hou aan om groteske foute te begaan wat die plaaslike bevolking se weersin in hulle verder aanmoedig. 'n Invloedryke stamhoof en gesiene man in die hele Helmandprovinsie asook sy vrou is onlangs gedood, ten spyte daarvan dat hy van die Taliban oorgeloop het na die regering. Net hulle babadogtertjie het die aanval oorleef.

Verlede jaar het 2 400 Amerikaanse seesoldate 'n klein, maar belangrike area in suid-Helmand suksesvol oorgeneem om die Taliban se toevoerroete van Pakistan af te sny. Dit het die Talibanmagte wat verder noord opereer 'n ernstige knou gegee.

Lt. Gen. James Dutton, die Britse onderbevelvoerder van NAVO in Afghanistan, sê hulle wil hierdie jaar soortgelyke operasies in meer plekke deurvoer. Maar kenners waarsku dat meer troepe juis 'n felle teenreaksie kan veroorsaak.

что лучше ультразвуковая чистка зубов или air flowtopcargo