Ander weer, het by die Taliban aangesluit uit armoede of omdat die Taliban die enigste alternatief bied op wat hulle as 'n vyandelike mag beskou.
In landelike gebiede word die Taliban se gesag aanvaar en inwoners vrees die opbou van Amerikaanse troepe. In Junie het hulle gesê om onder Talibanbeheer te leef is vir hulle beslis verkieslik. Artillerievuur en lugaanvalle deur 'n buitelandse mag bly vir die meeste 'n steen des aanstoots.
Die suidelike provinsies het die grootste burgerlike lewensverlies sedert die NAVO-ontplooiing in 2006 ervaar. Gevegte het ook duisende vlugtelinge na nabygeleë dorpe laat stroom.
Meer mense ondersteun die Taliban as die regering, sê Abdoel Kadir Noorzai, hoof van die Afghaanse Onafhanklike Menseregtekommissie. Gemeenskapsleiers sê die Taliban is 'n bekende, waar die regering en 'n buitelandse mag heeltemal onbekend is.
Die Amerikaans invallers hou aan om groteske foute te begaan wat die plaaslike bevolking se weersin in hulle verder aanmoedig. 'n Invloedryke stamhoof en gesiene man in die hele Helmandprovinsie asook sy vrou is onlangs gedood, ten spyte daarvan dat hy van die Taliban oorgeloop het na die regering. Net hulle babadogtertjie het die aanval oorleef.
Verlede jaar het 2 400 Amerikaanse seesoldate 'n klein, maar belangrike area in suid-Helmand suksesvol oorgeneem om die Taliban se toevoerroete van Pakistan af te sny. Dit het die Talibanmagte wat verder noord opereer 'n ernstige knou gegee.
Lt. Gen. James Dutton, die Britse onderbevelvoerder van NAVO in Afghanistan, sê hulle wil hierdie jaar soortgelyke operasies in meer plekke deurvoer. Maar kenners waarsku dat meer troepe juis 'n felle teenreaksie kan veroorsaak.
