Hou Afrikanerdroom aan die brand

Ek wil PRAAG versoek om 'n kontinue en aggressiewe veldtog te loods om die droom van Afrikanerselfbeskikking aan die brand te hou. Hoe selfbeskikking bereik kan word, is 'n ander saak. Die droom moet egter deur elke Afrikaner nagestreef word. Van al die redes wat aangevoer kan word vir hierdie strewe is die belangrikste aspek vir my rondom moraliteit en vryheid. In die utopiese eenwereldsheid en ‘n multikulturele samelewing kan moraliteit nie anders as om volgens die wet van entropie afwaarts te neig nie.

Ek wil PRAAG versoek om 'n kontinue en aggressiewe veldtog te loods om die droom van Afrikanerselfbeskikking aan die brand te hou. Hoe selfbeskikking bereik kan word, is 'n ander saak. Die droom moet egter deur elke Afrikaner nagestreef word. Van al die redes wat aangevoer kan word vir hierdie strewe is die belangrikste aspek vir my rondom moraliteit en vryheid. In die utopiese eenwereldsheid en ‘n multikulturele samelewing kan moraliteit nie anders as om volgens die wet van entropie afwaarts te neig nie.

Lees verder: Hou Afrikanerdroom aan die brand

Julius Malema ‘geen werklike leier’ – Mulder

Pieter Mulder "Julius Malema is geen werklike leier nie. Hy is slegs ’n gevaarlike opsweper en haatsaaier. Dit is die maklikste soort politiek. Om opponente sleg te sê en hulle kakkerlakke en slange te noem, kan enigeen doen. Op die kort termyn is jy gewild, maar op die langer termyn besef jou volgelinge dat jy geen werklike

Lees verder: Julius Malema ‘geen werklike leier’ – Mulder

Amnestie Internasionaal vra wapenverbod teen Israel

Hellfiremissiel afgevuur deur Amerikaanse helikopter Getuienis het te voorskyn gekom van Israel se gebruik van Amerikaans vervaardigde wapens gedurende die oorlog in Gasa, insluitend witfosfor artillerie bomme, 227kg bomme en Hellfire-missiele. In 'n verslag wat Maandag vrygestel is, het Amnestie Internasionaal besonderhede gegee van die wapens wat gebruik is en 'n versoek gerig vir 'n

Lees verder: Amnestie Internasionaal vra wapenverbod teen Israel

Zim-diplomate kan nie hul rekeninge betaal nie

Die maand het 'n diplomaat van Zimbabwe wat in Oostenryk gestasioneer is, selfmoord gepleeg, klaarblyklik in 'n toestand van depressie na 'n uitsettingsbevel. Sy is in Harare begrawe na vriende en familie geld bygedra het om die liggaam na Zimbabwe te laat vervoer. Daar is baie stories oor diplomate wat oorleef op buitelandse geld wat

Lees verder: Zim-diplomate kan nie hul rekeninge betaal nie

Obama louwarm vir ‘demokrasie’

Sedert hy die Ovaalkantoor oorgeneem het, het nog president Obama, nog sy adviseurs veel melding gemaak van demokrasiebou as 'n doelwit. Terwyl dit nie heeltemal in stryd is met Bush se groot, selfs grandiose visie nie, blyk dit asof Obama eerder wil terugbeweeg na die meer tradisionele Amerikaanse beleid om die wêreld te hanteer soos

Lees verder: Obama louwarm vir ‘demokrasie’

Duitse Jode woedend vir oud-Kanselier

Die Sentrale Joodse Raad in Duitsland het kritiek uitgespreek teen 'n vergadering wat die voormalige kanselier, Gerhard Schröder, die naweek gehad het met president Mahmoud Ahmadinejad van Iran gehad het. Ahmadinejad het herhaaldelik die bestaan van die volkslagting van die Jode ontken. "Mnr. Schröder doen groot skade aan die reputasie van Duitsland en die Duitse

Lees verder: Duitse Jode woedend vir oud-Kanselier

ANC en IVP wil-wil slaags raak

Minister van veiligheid en sekuriteit Nathi Mthethwa moes Sondagmiddag fisies tussenbeide tree om botsings tussen IVP- en ANK-ondersteuners te verhoed in KwaZulu-Natal se Mselenigebied. Die minister het gehelp om 'n potensieel plofbare situasie te voorkom toe 'n handvol IVP-ondersteuners probeer het om ANK-ondersteuners te verhoed om die stadion te verlaat waar hulle 'n saamtrek gehou

Lees verder: ANC en IVP wil-wil slaags raak

Minister sit vas in Antarktika

Minister van wetenskap en tegnologie, Mosibudi Mangena, is gestrand in Antarktika vanweë slegte weer, het sy departement Sondag gesê. Woordvoerder Nelvis Qekema het gesê Mangena het Vrydag soontoe gevlieg vir navorsingsdoeleindes met Suid-Afrikaanse, Duitse, Russiese en Noorweegse spanne. "Hulle was veronderstel om Saterdag teen 11uur die aand terug te kom, maar was nie in staat

Lees verder: Minister sit vas in Antarktika

Oscarwenners

Sean Penn het die Oscar gewen vir beste akteur vir sy rol as 'n eerste-in-sy-soort homoseksuele politikus in die film "Milk." Dit was die 48-jarige se tweede beste-akteur Academy-toekenning na sy wen in 2003 vir die drama "Mystic River." Britse ster, Kate Winslet, het dit uiteindelik die sesde keer gelukkig getref by die Oscars, toe

Lees verder: Oscarwenners

Honger hi?na slaan toe

’n Werker van ’n natuurreservaat in Mpumalanga is gister deur ’n hiëna aangeval en doodgemaak. Mnr. John Khoza (39) was besig om in ’n kamer by die Inyathi Sabi Sand-natuurreservaat televisie te kyk toe die hiëna toegeslaan het. Die reservaat is naby die Krugerwildtuin. Supt. Abie Khoabane het gesêdie hiëna is waarskynlik soontoe gelok deur

Lees verder: Honger hi?na slaan toe