Obama louwarm vir ‘demokrasie’

Sedert hy die Ovaalkantoor oorgeneem het, het nog president Obama, nog sy adviseurs veel melding gemaak van demokrasiebou as 'n doelwit. Terwyl dit nie heeltemal in stryd is met Bush se groot, selfs grandiose visie nie, blyk dit asof Obama eerder wil terugbeweeg na die meer tradisionele Amerikaanse beleid om die wêreld te hanteer soos dit is, eerder as soos wat dit kan wees.

Die skuif is in Washington en groot dele van die wêreld ontvang met verligting, aangesien niemand gemaklik was met Bush se sendelingsretoriek nie, en dit beskou het as of naïef of sinies.

Idealiste, by gebrek aan 'n beter woord, stem saam dat die uitbou van demokrasie die kern Amerikaanse waarde moet wees, maar met meer gematigdheid en meer begrip van die gemeenskappe ter sprake. Die realiste aan die ander kant is skepties oor afleidings dat wat in Amerika werk noodwendig uitgevoer moet word na elders of dat dit ander Amerikaanse belange moet oorskadu.

Die essensiële spanning vir die Obamaspan is dat die Bush-era die idee van verspreiding van demokrasie gediskrediteer het.

Ongelukkig het die visie wat Bush geartikuleer het met passie en helderheid, nooit konsekwent gerealiseer nie. Hy het byvoorbeeld die Millennium Uitdagingprogram begin om buitelandse hulp aan lande toe te sê wat vryheid en gehoorsaamheid aan die wet bevorder het. Hy het die Dalai Lama ontmoet, Sjinese en Noord-Koreaanse dissidente in die Ovaalkantoor ontvang en sanksies toegepas op Mianmar. Maar hy het kritiek van bondgenote en lande wat hy nodig gehad het vir ander prioriteite getemper, soos Saoedi-Arabië en Kazakstan.

насосные станции дляФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae