Sommige opposisiepartye het die aanstelling deur president Zuma van Bheki Cele as nasionale polisiekommissaris gekritiseer en gesê hy het geen misdaadbekampingsrekord om oor te spog nie. Daarbenewens voel hulle dat Cele net nog 'n politieke aanstelling is. Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. Hy sal op 2 Augustus sy nuwe pos
Blus van Obama se webtuiste uit
Die Withuis het pas Obama se webtuiste herontwerp teen 'n bedrag van $18 mijoen, in die hoop om meer klikke te genereer. Maar die teen die huidige tempo en ondanks die nuwe baadjie is die webwerf tans so gewild soos dié van George W. Bush in die skemer van sy presidentskap. In Februarie 2009 was
‘n Beeld uit klip
Mfiti Al het Zimbabwe nie meer hul eie geldeenheid nie, en is die tabakplase so te sê tot niet, het hulle darem nog 'n uitvoerproduk wat toeriste in die Kaap gaande het: Beelde uit klip. Die swaar klipskulpture word selfs op die internet bemark. Elke beeld is uniek omdat elke harde klip waaruit dit gebeeld
Geweld oor dienslewering duur voort
Geweld oor dienslewering teister Suid-Afrika steeds. Ontevrede inwoners het in twee plekke weereens in opstand gekom teen swak dienslewering. In Tokoza, aan die Oos-Rand, het inwoners Dinsdag polisievoertuie onder die klippe gesteek en vullis rondgestrooi. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om hulle uiteen te jaag. ’n Groep van 200 inwoners van die Tokoza-hostel
Microsoft en Yahoo gaan Google troef
Microsoft en Yahoo gaan binnekort saamwerk en die alliansie mag 'n bedreiging inhou vir Google in die internetsoektogresies. Die ooreenkoms is nie Dinsdag beklink nie, maar in breë trekke is daar reeds tussen die twee reuse ooreengekom en 'n formele handdruk word Woensdag vewag. Die suksesvolle uitkoms sal die einde van Microsoft se agtien maande
Halfhartige verdediging van die Kaap in 1795
Hoewel baie van die Kaapse amptenare die Oranjeparty ondersteun het en teen die Fransgesinde "Patriotte" was, het daar vir hulle geen keuse oorgebly nie. Dit was hulle plig om te verhinder dat die Engelse die Kaap inneem.

Michael Schumacher terug in Formule 1?
Terwyl Felipe Massa goeie vordering in sy herstel toon, is daar toenemende spekulasie dat Michael Schumacher tydelik sal instaan as een van Ferrari se bestuurders in die oorblywende renne van die seisoen.

Werkloosheid sny diep vir huishulpe
Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za., sê Suid-Afrika gaan waarskynlik vanjaar sowat 700 000 werkgeleenthede verloor. Dit is heelwat meer as wat aanvanklik verwag is. Die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag bekend gemaak het, toon dat die resessie heelwat dieper sny as wat vroeër gemeen is. Suid-Afrika het in die tweede kwartaal sowat
Duitsers drink minder bier
Duitsers drink al hoe minder bier. Op grond van skattings deur die brouersvereniging, het die verbruik van bier in die eerste halfjaar van 2009 met meer as vyf persent gedaal. So 'n skerp afname is nog nooit beleef nie, sê die voorsitter, Michael Weiß.

Afgedankte kry administrateurspos
Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.