Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

AlonsoNá  ‘n nagmerrieseisoen in 2009 het Ferrari die nuwe seisoen met ’n baie indrukwekkende eerste en tweede plek begin.  Die dubbele wêreldkampioen van Spanje, Fernando Alonso, het voor sy spanmaat Felipe Massa en Lewis Hamilton in sy McLaren oor die wenstreep gejaag.

Alonso in sy FerrariSebastian Vettel in sy Red Bull was van die begin af voor tot 15 rondtes voor die einde toe sy Renault uitlaatstelselprobleme begin gee het. Die twee Ferrari’s het verby geskiet en Hamilton moes vir die vale keer om die twee Mercedesse van Rosberg en Schumacher agter hom te hou. Jensen Button in die ander McLaren en Mark Webber in die tweede Red Bull was agter die twee Duitsers. Alonso was uit sy vel uit oor die oorwinning en het gesê dit is soveel meer spesiaal omdat hy nou in Ferrari, ’n span met ’n ryke motorsport geskiedenis, jaag en wen. Vettel het verbete teruggeveg met ’n kreupel Red Bull en uit eindelik vierde, net voor die twee Duitsers in hulle silwer Mercedesse, geëindig.

расширительный бак длятопкарго отзыв

Michael Schumacher terug in Formule 1?

Image

Die beseerde Felipe Massa in gelukkiger dae

Terwyl Felipe Massa goeie vordering in sy herstel toon, is daar toenemende spekulasie dat Michael Schumacher tydelik sal instaan as een van Ferrari se bestuurders in die oorblywende renne van die seisoen.

Massa is gelukkig om te leef, nadat hy deur 'n stuk metaal, wat afgebreek het van Rubens Barrichello se motor, tydens die kwalifiserende rondtes van die Hongaarse Grand Prix getref is. Die stuk metaal was deel van die onderstel se vering en het hom teen 'n spoed van 260km/h getref.

Daar is nog  onsekerheid oor die omvang van die skade aan Massa se linkeroog, wat sy loopbaan as Formule 1-bestuurder ernstig kan benadeel, en hom vir ten minste die res van die seisoen buite rekening kan laat.

Ferrari het drie reserwebestuurders beskikbaar, by name Luca Badoer, Marc Gené en Michael Schumacher. Schumacher lei nog aan lae rugpyn en 'n skouerbesering wat hy oorgehou het van 'n val vanaf 'n motorfiets in Spanje in Februarie. Dit is ook moeilik om te bepaal of hy enigsins bereidwillig sou wees om weer agter die stuur in te skuif in 'n kompeterende wedren.

'n Ander moontlikheid is die 19-jarige Mirko Bortolotti, 'n Italiaanse Formule Twee-bestuurder, wat laasjaar tydens 'n toetsrit met die Ferrari  beïndruk het.

Ferrari het egter nie baie tyd nie, en sal redelik vinnig 'n besluit moet neem, met die volgende wedren in Valencia, Spanje oor drie weke.

укладка мозаики вФільчаков Олександр Васильович