Die hooggeregshof in Zimbabwe het Maandag die terrorisme-saak teen Roy Bennett, ‘n top assistent van Zimbabwe se eerste minister Morgan Tsvangirai, uitgestel. “Die saak is voorwaardelik na Woensdag uitgestel,” het regter Chinembiri Bhunu gesê na die saak wat in die oggend afgeskop het. Bhunu moet ‘n uitspraak lewer oor ‘n aansoek van die staat dat
Maroga bly, Godsell loop
Jacob Maroga het Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, in ’n brief in kennis gestel dat hy homself steeds as die uitvoerende hoof van Eskom beskou, volgens Vytjie Mentor, voorsitter van die parlement se portefeulje-komitee rakende openbare ondernemings. Nadat nuus Maandag bekend geraak het dat Godsell bedank het, het Mentor die brief bevestig. “Hy het
Die kanker is nie in 1989 genees nie
Vandag, twintig jaar gelede, het die Berlynmuur geval. Soos Dan Roodt dit stel, was daar nie juis groot blydskap hieroor te bespeur by die Xhosagodjie Mandela of die Slovo’s van die lewe nie. Jakes Gerwel, vandag ‘n grootkop in Naspers, het selfs ‘n traan gestort toe hy die beeldmateriaal gesien het, bid jou aan! Dit
‘Hanteer’ neo-Nazi’s deesdae die polisie?
Die hele sage rondom die arrestasie van Uhuru Guru van South Africa Sucks is nog lank nie verby nie en vandag het ons ‘n lang brief deur hom gepubliseer waarin hy sy kant van die saak stel. Iets wat egter ook vorendag gekom het, is die rol wat mnr. Fred Rundle, ‘n bejaarde neo-Nazi wat
SA boulers so venynig soos blommetjies
Die deeltydse krieketspelers uit die land van staatsgedrewe anoreksie het gister koeëlvas gelyk teen die beste wat die Protea-boulaanval in hulle rigting afgevuur het. Tatenda Taibu en Stuart Matsikenyeri het met groot sorgeloosheid 188 lopies van 193 balle gesloeg. Dit het gekom na ‘n topordeintuimeling wat Zimbabwe vyf paaltjies gekos het vir ‘n katspoegie meer
Vrystaat kom help!
Die Springbokke se skrumvertoning was Vrydagaand so verlep dat selfs Peter de Villiers dit agtergekom het. Gelukkig vir hom was die vergruisde voorry van die aand, Jannie du Plessis, Gurthrow Steenkamp en Chilliboy Ralepelle bedagsaam genoeg om beserings op te doen. Beserings is niks om oor te grinnik nie, maar die een se seer is
Olie na hartelus
Wanneer dit kom by hartgesondheid, mag gesuiwerde olyfolie beter wees as ander groente-olies, luidens nuwe navorsing. Volgens Europese navorsers mag gesuiwerde olyfolie veral doeltreffend wees om die risiko van hartsiektes te verminder vanweë die hoë vlak van antioksidante wat dit bevat. In ‘n studie van 200 gesonde mans het navorsers bevind dat gesuiwerde olyfolie –
Waarheid oor Uhuru Guru gaan opspraak verwek
Mnr. Fred Rundle, wat bande met die AWB en ander verregse organisasies het en die klag van kubermisdaad teen Uhuru Guru gelê het, het die volgende brief aan ons gerig: Anton Barnard is een van die intelligente mense wat die storie reg lees en sien dat daar meer agter hierdie storie steek as wat Bert
My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer,
Lees verder: My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
Els tweede na skitterende spel
Ernie Els het tweede geëindig in die HSBC-gholftoernooi in Sjanghai ná ’n merkwaardige ronde van 63 wat 8 voëltjies en ’n arend ingesluit het. Dit is ‘n hele 9 houe minder as die baansyfer. Els het Sondag een van die mees skitterende rondes ooit gespeel, maar ongelukkig sy bal op die laaste putjie in die
