Terrorismesaak teen Bennett uitgestel

Die hooggeregshof in Zimbabwe het Maandag die terrorisme-saak teen Roy Bennett, ‘n top assistent van Zimbabwe se eerste minister Morgan Tsvangirai, uitgestel.

“Die saak is voorwaardelik na Woensdag uitgestel,” het regter Chinembiri Bhunu gesê na die saak wat in die oggend afgeskop het.

Bhunu moet ‘n uitspraak lewer oor ‘n aansoek van die staat dat die verdediging se argumente geskrap word omdat dit nie behoorlik voorgelê is nie. Bhunu moet ook sê of ‘n sleutelgetuie van die staat mag getuig.

Bennet, ‘n voormalige wit boer en die tesourier van Tsvangirai se party, die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), word daarvan aangekla dat hy president Robert Mugabe drie jaar gelede probeer omverwerp het.

Bhunu sal glo ook beslis oor ‘n aansoek deur die verdediging dat Peter Hitchmann, wat volgens die staat vir Bennett in die terrorisme- en wapenklagtes ingesleep het, nie moet getuig nie.

Soortgelyke klagtes teen ander amptenare van die MDC is reeds uit die hof gegooi en Bennett se inhegtenisname verlede maand het Tsvangirai aangemoedig om die eenheidsregering van Zimbabwe vir drie weke te boikot. Dit is in ‘n poging om die spanning in die magsdeling uit te wys.

Bennett is tans uit op borgtog en kan moontlik die doodstraf in die gesig staar indien hy skuldig bevind word.

 

demo games casinoФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae