Europa was teen 1795 in oorlog gewikkel, en aangesien die Kaap met behulp van die Britse leër en vloot verower is, was die gesag vir eers in die hande van admiraal G.K. Elphinstone en genls.-maj A. Clarke en J.H. Craig. Ná 'n paar maande het Craig die gesag gevoer oor die bevolking. Volgens die sensus van 1798 was daar 21 746 wit mense: in die Kaapse distrik 6 261, in Stellenbosch 7 256, in Swellendam 3 967 en Graaff-Reinet 4 262. Daar was meer as 25 000 slawe, tagtig persent van hulle in die Kaap en Stellenbosch. Die aantal Khoi-Khoin is op 15 000 geskat, van wie 14 000 in Graaff-Reinet en Swellendam.

Miljoene gebruikers van webwerwe soos Twitter, Facebook, Livejournal en Google is dié week deur 'n kuberaanval geraak. Daar was 'n georkistreerde aanval op die gewildste webwerwe en die oorsprong daarvan was onbekend, maar teen Donderdag het een kraker, genaamd Cyxymu van Tiblisi, bekendgemaak dat die aanval vanuit Rusland gevoer is. Hy is van mening dat dit 'n handjie vol kuberkrakers was maar met direkte bevele van die Kremlin om die aanval te loods.