Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks

Kabeldiefstal kos Suid-Afrika jaarliks meer as vyf-miljard rand. Dit is by `n seminaar in Johannesburg oor kabeldiefstal bekend gemaak, het RSG berig. ‘n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Dr. Johan Burger, sê die diefstal plaas `n groot las op sake ondernemings. Baie gemeenskappe het ook kragonderbrekings weens die vandalisme beleef. Dr. Burger sê

Lees verder: Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks

Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria samesprekings gevoer. ‘n ANC-woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê die vergadering het aan die Volksraad ‘n geleentheid gebied om Ramaphosa oor hulle kommer oor selfbeskikking in te lig. Mamoepa sê die adjunkpresident het opnuut die belangrikheid van die Handves van Menseregte in

Lees verder: Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou

Absa sal glo aardbewingseise uitbetaal

Absa sê hy sal wel eise dek vir skade wat deur die onlangse aardbewing in Noordwes aangerig is, het RSG berig ‘n Woordvoerder, Dante Mashile, sê Absa se Huiseienaarspolis dek skade wat deur mynverwante aardbewings veroorsaak word. Die bank sê hy het talle eise ontvang wat verband hou met die voorval op 5 Augustus vanjaar

Lees verder: Absa sal glo aardbewingseise uitbetaal

Moody’s en Fitch verskil oor Naspers-gradering

Moody’s het Naspers se kredietgradering op Baa3 gehou en sy vooruitsigte as “stabiel” beskryf. Naspers besit Media24, wat 50% van die aandele in Namibia Media Holdings (NMH) besit. NMH is die moedermaatskappy van Republikein, Namibian Sun, Allgemeine­ Zeitung en Newsprint Namibia. Die oorblywende aandele in NMH word deur die Namibiese maatskappy Stimulus Investments Ltd besit.

Lees verder: Moody’s en Fitch verskil oor Naspers-gradering

Pretoria gaan Mao dalk vereer in straatnaam

Mao Zedong kan dalk eersdaags as met ‘n straatnaam in Pretoria vereer word. By Donderdag se maandelikse raadsvergadering is besluit die Chinese rewolusionêre leier se naam verdien ‘n ereplek op die Tshwane-metroraad se naambasis. Lucas Ngobeni, ANC-raadslid sê “Mao Zedong se ideologieë het die ANC gehelp om sy verdrukkers te verslaan. Hy is ’n ikoon

Lees verder: Pretoria gaan Mao dalk vereer in straatnaam

Sjokeladekoning van Kiëf pleit vir vrede

Oekraïne se sjokeladekoning, die oligarg pres. Petro Poroshenko, het ná laatnag onderhandelinge met Rusland se president, Vladimir Poetin, onderneem om hard te werk ten einde ’n dringende skietstilstandooreenkoms te reël. Die selfverdedigingsgroepe in Oos-Oekraïene het die weermag van die junta in Kiëf swaar verliese laat ly, wat die president genoop het om te onderhandel. Dié

Lees verder: Sjokeladekoning van Kiëf pleit vir vrede

FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase

Die FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van die aanval op die rekenaarstelsels van JP Morgan Chase, het Bloomberg berig. ‘n Rekenaarvirus, gedeeltelik in Russies geskryf, het glo data van 70 miljoen Amerikaanse kliënte gesteel. Volgens die verslag, het JP Morgan Chase en ten minste vier ander Amerikaanse banke ‘n kuber-aanval moes trotseer. Die aanval het gelei

Lees verder: FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase

Minstens 300 Amerikaners veg vir ISIS

Die Verenigde State regering is bewus van soveel as 300 Amerikaners wat vermoedelik aan die kant van die Islamitiese Kalifaat veg, die jihadistiese groep met ‘n groot teenwoordigheid in dele van Sirië en Irak, het senior Amerikaanse amptenare gesê. Washington het intussen hul kommer uitgespreek oor “Russe” of “mans in groen” uit Rusland wat in

Lees verder: Minstens 300 Amerikaners veg vir ISIS

Vissers by St Francis gered

​Dertien mense moes Woensdag gered word toe hul vissersboot onklaar geraak het en gestrand het naby die hawe in St. Francisbaai in die Oos-Kaap, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. “Die tjokkaboot … het enjinkrag verloor toe dit na die ingang van die hawe ingedraai het,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, in ’n verklaring gesê. Agt

Lees verder: Vissers by St Francis gered

NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers

Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag het Woensdag twee CF-18 stralers vinnig vanuit Quebec opgestuur om ‘n Sunwing-vlug 656 terug na Toronto te vergesel weens “probleme met passasiers”. Sunwing se vlug op pad na Kuba is gedwing om om te draai en terug te keer na Toronto se Pearsonlughawe Woensdagaand ná twee ontwrigtende passasiers glo ‘n groot versteuring

Lees verder: NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers