Vermeende verkragter én polisiebeampte voor

‘n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat na bewering dossiere uit die hof gesteel het, en ‘n plaaslike sakeman verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof. Patricia Pitt, van die Parkweg-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R3 000 uitgelaat terwyl Thulani Qhiti in aanhouding bly. Pitt het glo dossiere by die Bloemfonteinse landdroshof gesteel. Qhiti word

Lees verder: Vermeende verkragter én polisiebeampte voor

België sê nee vir Namibiese indringerbos

Die Belgiese minister van energie, me. Annemie Turtelboom, is sterk gekant teen dié regering se subsidiëring van ’n kragstasie in die stad Gent wat elektrisiteit sal opwek met indringerbos uit Namibië. Die Vlaamse dagblad De Morgen berig die rede hiervoor is die Namibies-­Israeliese sakeman mnr. Gershon Ben-Tovim, hoof uitvoerende beampte van Greencoal­ (Namibia) Limited wat

Lees verder: België sê nee vir Namibiese indringerbos

Sadou dreig Onderwysdepartement met regstappe

Die onderwysvakbond, Sadou dreig om die departement van basiese onderwys hof toe te sleep oor die bekendmaking van die verslag oor die ondersoek na die geld-vir-poste-skandaal waarin die vakbond glo impliseer word. Sadou sê hulle is die reg ontneem om op die Ministeriële Taakspan se oorspronklike dokument te reageer, het RSG berig. Die departement het

Lees verder: Sadou dreig Onderwysdepartement met regstappe

Matthew Theunissen teken amptelik verskoning aan vir gebruik van ‘K-woord’

Matthew Theunissen, die nagraadse student wat uit protes teen rassekwotas in sport op Facebook gesê het, “die land word deur ‘n spul kaffers regeer”, het nou via sy vader se prokureur amptelik verskoning aangeteken. Sy skrywe, wat aan “sy edele minister Fikile Mbalula, die mense van Suid-Afrika, die regering van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie”

Lees verder: Matthew Theunissen teken amptelik verskoning aan vir gebruik van ‘K-woord’

Karel Combrinck: Suid-Afrikaanse ‘demokrasie’ is reg vir die slopemmer

Soos ons teen hierdie tyd seker almal weet, is demokrasie die godsdiens van die dag. Demokrasie het nie vir alle mense, te alle tye en op alle plekke dieselfde betekenis nie. So het die lakeistate van die Sowjetunie hulleself sonder om te blik of te bloos Demokratiese Republieke of Volksrepublieke genoem. Van die lande wat

Lees verder: Karel Combrinck: Suid-Afrikaanse ‘demokrasie’ is reg vir die slopemmer

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Nuwe laagtepunte

Wim de Villiers se eerste jaar as rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) is deur ongeëwenaarde politiekery gekenmerk. Om hoop vir daardie universiteit se toekoms te probeer vind, het ek onwillekeurig aan die volgende Bybelvers gedink: “‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ‘n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie” (Jesaja

Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Nuwe laagtepunte

‘Londonistan’: Britse hoofstad kry Moslemburgemeester ná bittere stryd

Die Britse Konserwatiewe Party is besig met interne verwyte nadat hulle waarskynlik die plaaslike verkiesing in Londen ver verloor het. Hoewel stemme in gister se plaaslike verkiesings eers vanaf vanoggend om 9-uur Suid-Afrikaanse tyd (8-uur in Engeland) getel gaan word, is dit feitlik ‘n uitgemaakte saak dat die Moslemkandidaat van die Arbeidersparty, Sadiq Khan, teen

Lees verder: ‘Londonistan’: Britse hoofstad kry Moslemburgemeester ná bittere stryd

ANC se komplot-kommer: Is Indië nog deel van BRICS?

Die ANC in KwaZulu-Natal sê die VSA en Brittanje voer ‘n komplot om van President Jacob Zuma en sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff ontslae te raak. Die rede daarvoor is glo dat Anglo-Amerikaanse beleidsmakers die Brics-lande as ‘n bedreiging vir hul ekonomiese beheer beskou. Indië word egter nie deur die VSA en Brittanje as ‘n

Lees verder: ANC se komplot-kommer: Is Indië nog deel van BRICS?

Kanadese brand laat olieprys styg

Die verwoestende brand in die Kanadese oliestad Fort McMurray is tien keer groter as wat voorheen berig is. Inwoners moes hul wonings ontruim wat daartoe gelei het dat al 88 000 inwoners ‘n ander heenkome moes soek. Die brand, wat Sondag ontstaan het, het teen Donderdag tot sowat 85 000 ha verwoes, het Reuters berig.

Lees verder: Kanadese brand laat olieprys styg

ANC verwerp Tsonga-minderheidsaansprake

Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie. President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog”

Lees verder: ANC verwerp Tsonga-minderheidsaansprake