Varkgriep, oftewel H1N1 2009, het die eerste Suid-Afrikaanse slagoffer geëis: ’n 22-jarige student van Stellenbosch wat deur drie dokters behandel is. Die oorsaak van sy dood is eers as longontsteking aangedui. Die vierdejaarstudent, Ruan Müller, is drie keer behandel voordat hy in ’n hospitaal opgeneem is. Die virus is nadoods by hom gediagnoseer. Müller is
Skokkende Switserse brief
Met skok en Afgryse lees ek die brief vanaf Manfred Linke, die Switserse amptenaar, se verduideliking hoekom Krugerstraat se naam moes verander. Hy kan waarneem dat Kruger teen Britse Imperialisme baklei het maar glo dan dat alle blanke setlaars imperialiste is. As dit wel die geval is moet alle swartes, Arabiere en Moslems in Switserland
Reik na die sterre!
справкиданильченко юрій Харків
Olie raak vinniger op as voorheen voorspel
Die wêreld staar 'n katastrofale energietekort in die gesig wat ekonomiese herstel kan kortwiek want die meeste groot olievelde is verby hulle produksiepiek. Só waarsku 'n gesaghebbende energie-ekonoom. Hoë oliepryse as gevolg van die nypende tekorte kan ekonomiese herstel van koers af dwing sê dr Fatih Birol, hoofekonoom van die Internasionale Energieagentskap (IEA) in Parys.
Nuwe Vigsvirusvariant ontdek
‘n Lekker happie bosvleis 'n Nuwe vertakking van die Vigsvirus is in Kameroen ontdek. In Maandag se uitgawe van die tydskrif Nature Medicine skryf navorsers dat dié een verskil van die drie ander soorte wat tot dusver bekend is en baie in gemeen het met 'n aapvirus wat in wilde gorillas voorkom. Die ontdekking noodsaak
Waarom ‘n Engelse datum op praag.co.za?
Dis lekker om julle artikels te lees. Laat my dink aan die ou Star se leuse, naamlik ons vertel dit soos dit is! Hoekom egter bo-aan die blad is daardie datum in Engels? Groetnis uit Engeland.
Dis lekker om julle artikels te lees. Laat my dink aan die ou Star se leuse, naamlik ons vertel dit soos dit is! Hoekom egter bo-aan die blad is daardie datum in Engels? Groetnis uit Engeland.
Twee nuwe Mozartstukke uitgevoer
’n Oostenrykse pianis het die afgelope naweek twee nuut ontdekte stukke deur Wolgang Amadeus Mozart vir die eerste keer in die openbaar uitgevoer in ’n huis waar die meesterkomponis eens gewoon het. Die stukke is oorspronklik deur hul argivaris, die Internasionale Mozarteum-stigting, as anonieme werke beskou. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat
Switserse amptenaar reageer oor Krugerstraat
Nadat verskeie briewe aan die Switserse regering en plaaslike regering gerig is oor die blatante anti-Afrikaanse houding wat uit die onlangse naamsverandering van Krugerstraat in St. Gallen na vore gekom het, het Praag die onderstaande brief ontvang: Dear Mrs. Roodt I received your mail of 10th June 2009 from the Federal Department of Foreign
Rugby ontaard in rassegeveg
’n Klubrugby-wedstryd in Johannesburg het glo die naweek lelik geraak nadat rassistiese aanmerkings gemaak is en die kaptein van een span bewusteloos geslaan is. Reynald Isaacs, klubbestuurder van die Eldoranians, wat teen die Wanderers gespeel het, het ontken sy spelers het messe gehad. Isaacs het die Wanderers-spelers van rassisme beskuldig. Die Eldoranians-kaptein, JP Luyt, is
SA verkoop wapens aan VSA se vyande
Die DA is op die vooraand van Hillary Clinton se besoek bekommerd dat Suid-Afrika se wapenhandel met sekere lande moreel verdag en moontlik onwettig is: Die lande sluit Iran, Sirië en Libië in. Ingevolge VN- en EU-handelsbeperkinge is wapenhandel met dié lande verbode. Die EU handhaaf ’n wapenverbod teen Iran, Zimbabwe en Noord-Korea, en die
