Varkgriep eis eerste SA slagoffer

Varkgriep, oftewel H1N1 2009, het die eerste Suid-Afrikaanse slagoffer geëis: ’n 22-jarige student van Stellenbosch wat deur drie dokters behandel is. Die oorsaak van sy dood is eers as longontsteking aangedui.

Die vierdejaarstudent, Ruan Müller, is drie keer behandel voordat hy in ’n hospitaal opgeneem is. Die virus is nadoods by hom gediagnoseer. Müller is verlede Dinsdag oorlede en is Vrydag begrawe.

Müller is aanvanklik deur die US se kampusgesondheidsdienste vir seisoenale griepsimptome behandel.

Vier dae later is hy na sy ouerhuis waarna nog ’n dokter hom ondersoek het. Hy is op 26 Julie verwys na ’n spesialis en is daarna in die hospitaal opgeneem. Hy is op 28 Julie oorlede, twee dae ná sy 22ste verjaardag.

Varkgriep is reeds by meer as 500 landwyd gediagnoseer. Dié getal kan aansienlik meer wees omdat nie almal getoets word nie.

Die hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, dr. Keith Househam, het die publiek verseker dat die oorgrote meerderheid van mense wat varkgriepsimptome openbaar, matige gevalle is.

для баниtopcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae