Regter Kate"O'Regan van die Grondwethof het gister gesê "die houding van Hoërskool Ermelo pla my… dis nie 'n houding wat ons grondwet in die vooruitsig stel nie". Hiermee het O'Regan na die 100%-slaagsyfer van Ermelo, 'n Afrikaansmediumhoërskool verwys, en by implikasie gesê dat die skool met sy slaagsyfer spog terwyl omliggende Engelstelalige skole swakker vaar.
Lees verder: Grondwetregter trek te velde teen Afrikaanse skool

Daar word beweer dat die "Arctic Sea" – die Russiese skip wat blykbaar gekaap is en vir twee weke vermis is – 'n kernwapen aan boord gehad het wat vir Osama bin Laden bestem was. Volgens Joseph Farah se G2 Bulletin word dié bewerings tans deur die Britse inligtingsdiens, MI6, ondersoek.