Die swart hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hills munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes, wat tereg staan op verskeie aanklagte van bedrog, verskyn na verwagting vandag weer in die hof. Judas Mahlangu is aanvanklik in Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering die munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg het. Hy is toe weer in
Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor
Honderde mynwerkers in die Noord-Kaap gaan hul werk verloor nadat drie myne besluit het om werkers af te dank. Die myne in die Kathu-omgewing het hul werknemers in kennis gestel het dat hulle binnekort herstrukturering en moontlike afleggings oorweeg. Adele Nel van Tau Mining het bevestig dat Aveng Moolmans, Tau Mining en die Khumani-ysterertsmyn vakbonde
Lees verder: Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor
Parysaanvallers in ISIS-video
Nege mense wat verbind word met die terreuraanvalle in November in Parys, Frankryk, verskyn glo in ’n video wat die Islamitiese Staat (ISIS) Sondag uitgereik het. Die nuusagentskap Reuters kon nog nie egtheid van die video bevestig nie. Die ISIS-lede maak anti-Westerse uitsprake en dreig met ’n aanval op Brittanje. Ontleders wat militante groepe se
Dene stem dat asielsoekers moet opdok
Die Deense parlement het oorweldigende steun aan ‘n voorstel toegesê ingevolge waarvan asielsoekers se waardevolle items afgeneem kan word om vir hul onderhoud te betaal. Denemarke sê die beleid stel migrante gelyk aan werklose Dene, wat van hul bates van die hand moet sit voordat hulle toelaes kan eis. Die parlement het ook planne goedgekeur
Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning
Die mededingingskommissie het ‘n ondersoek geloods na samespanning deur sekere valutahandelaars, maar het ontken dat die daling van die rand ondersoek word. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Themba Mathebula het bevestig dat ‘n ondersoek na valutahandelaars van stapel gestuur is. Hy het gesê bankinstellings waaronder BNP Paribas, Citigroup, Barclays, JP Morgan Chase, Investec en Standard
Lees verder: Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning
DA ruk op na Johannesburgse middestad
Duisende DA-kiesers sal Woensdagoggend opruk na die Johannesburgse middestad om te betoog oor die gebrek aan werksgeleenthede. Motoriste word intussen afgeraai om vanaf tienuur vanoggend na die middestad te reis. ‘n Woordvoerder van die party, Mabine Seabe sê die optog sal by die Westgate-vervoerpunt begin. Die DA-leier, Mmusi Maimane het in ‘n verklaring gesê byna
ISIS beplan aanvalle op EU ‘sagte teikens’ vanuit asielkampe
Die Islamitiese Staat beplan glo spesiale terreuroperasies op “sagte teikens” in Europa in die vlugtelingkampe op Europese bodem en Frankryk is die land wat die grootste risiko loop, het die misdaadagentskap van die Europese Unie gesê. Die model is die gelyktydige skietery by verskeie plekke in Parys in November waar 130 mense omgekom het, met
Lees verder: ISIS beplan aanvalle op EU ‘sagte teikens’ vanuit asielkampe
Trekker in diep modder maak boer se hart bly
‘n Mielieboer van Bultfontein in die Vrystaat is so dankbaar oor die welkome reën vandeesweek dat hy Maandag met blydskap in sy hart en ‘n hup in sy stap sy trekker, wat in sy nat landerye vasgeval het, uitgetrek het. Michris Janse van Rensburg het daarna op sy Facebook-blad ‘n foto geplaas waar hy en
Waterpype lek en geld vloei
Waterlekkasies in pype, nog voor dit gemeenskappe se krane bereik, sal as prioriteit vir die regering beskou word. Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die minister van Water en Sanitasie, Novula Mokonyane, sê ‘n interne ministeriële komitee vir droogte beskou dit as ‘n kritieke aangeleentheid waarna munisipaliteite moet omsien. Hy sê die regering het die verantwoordelikheid op
Ford staak bedrywighede in Japan, Indonesië
Die Amerikaanse voertuigvervaardiger, Ford gaan sy bedrywighede in Japan en Indonesië opskort. Ford sal uit Japan onttrek waar hulle al sedert 1974 ‘n teenwoordigheid gehad het, het Reuters vroeër berig uit Tokio nadat hulle ‘n e-pos van Asië se uitvoerende hoof, Dave Schoch aan werknemers gesien het. Die maatskappy sê daar is min vooruitsigte vir
