Die minister van justisie in die Tripoli-regering, Mustafa al-Kulaib, het Maandag die gevangenis in Tripoli besoek waar die seun van oudleier Moeammar Ghaddafi aangehou word. Die besoek volg nadat ’n menseregte-organisasie ’n ondersoek oor die mishandeling van gevangenes in die Al-Hadba-gevangenis aangevra het, het AFP berig. Die versoek spruit uit ’n ongedateerde video wat vroeër
Jeb Bush kla dat Hillary nie oorlogsugtig genoeg is nie
Die voormalige goewerneur van Florida, Jeb Bush, sê “hernude Amerikaanse leierskap” is in die Midde-Ooste nodig om die militante Islamitiese Staat-groep (ISIS) en ’n ideologie wat die “fokus van boosheid in die moderne wêreld is”, te verslaan. “Die bedreiging van ’n globale jihad en ISIS in die besonder, vereis al die krag, eenheid en selfvertroue
Lees verder: Jeb Bush kla dat Hillary nie oorlogsugtig genoeg is nie
Honderde veevrektes na droogte Ethiopië tref
Seisoenale reën het vanjaar nie in sommige dele van Ethiopië geval nie en die dood van groot getalle vee en ander diere veroorsaak. Die regering sê nog nie dat dele van die noorde, noordooste en ooste van Ethiopië droogtegeteister is nie, maar die impak het reeds sy tol geëis. ‘n Ooggetuie het aan AP gesê
President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn
Reuters berig dat president Dennis Sassou Nguesso van die Republiek van Kongo twee ministers afgedank het wat gekant is teen voorgestelde grondwetlike wysigings om vir hom ’n verdere termyn as president moontlik te maak. Die 71-jarige Sassou Nguesso regeer al vir 31 jaar die olie-ryke Kongo. Volgens die huidige grondwet is hy tot twee termyne
Lees verder: President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn
Nuwe Rwandese grondwet sal president drie termyne gee
Rwandese wetgewers het ná landwye konsultasies bevind net tien mense is gekant teen moontlike grondwetlike wysigings om pres. Paul Kagame ’n derde termyn as president te gee. Luidens ’n verslag wat die week bekend gemaak is, het meer as 3,7 miljoen mense, meer as 60% van kiesers, ’n petisie onderteken om die grondwet te verander,
Lees verder: Nuwe Rwandese grondwet sal president drie termyne gee
Rand daal verder
Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder gedaal en verhandel tans teen R12,8259 teen die VS-dollar en teen R14,2814 teen die euro. Die rand se swakheid word onder andere vergerger deur die daling in die Chinese juan wat gister met 1,9% deur die Volksbank van Chine gedevalueer is. Vanoggend is die geldeenheid met ‘n verdere 1,6%
Vier swart spelers ingesluit by Springbokspan
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer het vier swart spelers ingesluit in die begin vyftiental vir Saterdag se toets teen Argentinië, het RSG berig Meyer is die afgelope paar dae onder druk weens beskuldigings van gebrekkige transformasie in die nasionale span. Meyer het verskeie veranderinge aan die span aangebring wat verlede week teen die Puma’s verloor het.
Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak
Die nasate van die volksmoordslagoffers wat ‘n lesing bygewoon het, verskil van die Duitse Evangeliese Kerk van Wesfale wat meen volksmoord in Namibië moet nie slegs tot twee stamme beperk word nie. Dit is verlede week deur dr. Ulrich Möller tydens ’n openbare lesing in Windhoek aangevoer, het die Republikein berig. Volgens mnr. Johannes Matundu
Lees verder: Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak
Eskom leen nóg R20 miljard op markte
Die elektrisiteitsverskaffer Eskom het gister gesê dat hy nog 20 miljard rand op die plaaslike en internasionale markte gaan leen, asook ‘n poging gaan aanwend om laer pryse op sy steenkoolkontrakte te onderhandel. Volgens Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het die maatskappy reeds R49,5 miljard in buitelandse fondse geleen, wat onmiddellike likiditeitsprobleme uit
Republikeinse debat gee Trump hupstoot
Die Republikeinse party se voorloper in die presidentswedloop, Donald Trump, het Sondag geweier om verskoning te vra vir sy antwoorde aan ‘n aanvallende vroue-joernalis van Fox News. Trump het later gesê hy het niks teen die verslaggeefster nie, maar dat sy tydens die Republikeinse debat onregverdige vrae aan hom gevra het. Dit is duidelik dat
