Die VF+-jeug het Woensdag, 5 Augustus, 'n klagte by die Suid Afrikaanse Menseregte Kommissie ingehandig teen die
Universiteit van Pretoria (UP). Studente het 'n punt bereik waar hul voel dat demokrasie verdwyn het op die Tukkie-kampus. Dit is na aanleiding van die bekendmaking van ongrondwetlike verkiesingsreëls waarvolgens kandidate wat staan in die VSR-verkiesing, verhoed word om hul lidmaatskap van die VF Plus bekend te maak. Studente wat moet stem se reg tot inligting word ontneem, terwyl kandidate se reg tot assosiasie en vryheid van spraak onbillik beperk word.
