Rampgebied vir honde

Meer as 500 honde is sedert Januarie 2009 in Heidelberg, Gauteng, vergiftig volgens net een veearts se beraming. Net 40 van die honde kon uiteindelik gered word.

Die honde word met aldikarb, ook bekend as Two Step, vergiftig.

Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Heidelberg Dinsdag tot ’n rampgebied vir honde verklaar tydens 'n noodvergadering waar woedende inwoners gedreig het om skuldiges dood te maak.

Die gemeenskap is voorts ontstoke omdat die polisie nie optree teen misdadigers nie. Hulle het gedreig om die reg in eie hande te neem.

Beeld berig dat ’n beloning van R10 000 uitgeloof is om die skuldiges op te spoor en in reaksie daarop is ’n oproep van ’n man uit die nabygeleë Ratanda-plakkerskamp ontvang. Dit is glo, volgens sy inligting, 'n georganiseerde diefstalsindikaat wat honde vergiftig.

Die inligting is deur inwoners aan die tak vir georganiseerde misdaad oorhandig, maar niks het nog daarvan gekom nie.

casino freeФильчаков прокурор отзывы