9:18:05 Eksamenvraestelle word deur die ANC-bewind vir ideologiese breinspoeling gebruik. “Die eksamenvraestelle (Gemeenskaplike taak vir assessering GTA) hierdie week vir graad 9 leerlinge wat oor Geskiedenis en Aardrykskunde handel, was niks anders as blatante politieke beïnvloeding nie. Die geskiedenis word daarin eensydig deur 'n swart bril aangebied”, het mnr. Andrew Gerber, VF Plus Woordvoerder oor Onderwys gesê. “Tot die Aardrykskunde vrae word polities gelaai deur byvoorbeeld te vra om die afstand te bereken wat Steve Biko van sy huis na die Greyhospitaal moes ry. Die onderliggende doel van al die vrae is om alle wittes permanent in die beskuldigdebank te plaas en skaam te maak oor hulle verlede”, volgens Gerber.

Spanne gewapende mans het luukse hotelle, 'n gewilde restaurant, hospitale en 'n treinstasie aangeval in gekoördineerde aanvalle regoor Indië se finansiële hoofstad. Ten minste 101 mense is dood in die aanvalle, waarin westerlinge as gyselaars geneem is, en dele van die stad Donderdag onder beleg is, het die polisie gesê. 'n Groep vermoedelike Moslem militante het verantwoordelikheid vir die aksie aanvaar.
'n Professor by die diplomatiese akademie van Rusland se ministerie van buitelandse sake het gesê dat Amerika sal opbreek in ses dele as gevolg van die land se ekonomiese krisis.
'n Nuwe studie deur Harvardnavorsers skat dat die Suid-Afrikaanse regering die voortydige dood van 365 000 mens vroeër die dekade kon verhoed indien hulle anti-retrovirale middels aan Vigs pasiënte voorsien het, en middels voorsien het wat voorkom het dat swanger moeders die siekte aan hulle ongebore kinders oordra.