Studie toon koste van Vigs beleid in Suid-Afrika

Image'n Nuwe studie deur Harvardnavorsers skat dat die Suid-Afrikaanse regering die voortydige dood van 365 000 mens vroeër die dekade kon verhoed indien hulle anti-retrovirale middels aan Vigs pasiënte voorsien het, en middels voorsien het wat voorkom het dat swanger moeders die siekte aan hulle ongebore kinders oordra.

Die Harvardstudiegroep het bevind dat die beleid ontstaan het uit president Thabo Mbeki se ontkenning van die welbekende mediese konsensus omtrent die oorsaak van Vigs en die belangrike rol wat anti-retrovirale middels speel om dit te behandel.

Nadat 'n magstryd in die ANC president Mbeki uit die kussings gelig het, het die verslag weer vrae na vore laat kom oor hoekom Mbeki, 'n man wat geloof word vir sy groot insig so beïnvloed was deur die Vigs ontkenners.

Mbekie se opvolger, Kgalema Motlanthe, het uit die staanspoor na sy aanstelling opgetree deur die Manto Tshabalala-Msimang, die minister van gesondheid, wat geglo het dat knoffel, suurlemoensap en beet werk as medikasie vir Vigs, uit haar pos verwyder.

Sy is dadelik vervang deur Barbara Hogan, wat Suid-Afrika, die sterkste land in die streek wat die swaartepunt van die wêreld se Vigspandemie is, weer na die hoofstroomdenke rakende die siekte gelei het.

"Ek kry skaam dat ons dit moet erken wat Harvard gesê het," het Hogan gesê. Sy is 'n oud-ANC -tryder wat in die apartheidstryd ook tronkstraf uitgedien het. "Die era van ontkenning in Suid-Afrika is heeltemal verby," het sy gesê.

МордвиновАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae