"Dit wys niks nie" het die hoofdirekteur van die departement, Alson Matukane gesê.
"Dit is anders as normale cholera, omdat dié cholera ingeloop kom" het hy verduidelik, met verwysing na die 208 Zimbabwiërs wat behandel is in Suid-Afrika sedert 15 November, omdat dié land se gesondheidstelsel sukkel om by te bly.
Dit is 'n verhoging van die 189 gevalle wat Limpopo gesondheidsowerhede Dinsdag aangemeld het.
Woordvoerder Phuti Seloba het gesê gesondheidsowerhede is op die punt om die grens oor te steek met 'n vragmotor vol voorraad wat deur 'n organisasie geskenk is en wat daar versprei sal word.
Hy het bygevoeg dat sommige van die nuwe gevalle Zimbabwiërs is wat in Suid-Afrika woon, wat die siekte gekry het met besoeke aan gesinslede en wat terug gekom het vir behandeling.
Volgens 'n kabinetsbesluit het die Suid-Afrikaanse regering gesê dat hulle Zimbabwiese owerhede sal help om die siekte daar onder beheer te bring.
'n Gesamentlike taakspan kom twee keer per dag bymekaar om behoeftes te oorweeg, en beplanning te doen vir die regerings- en nie-regeringsorganisasies.
