Zuma en NI het Mbeki-faksie laat afluister

Jacob Zuma en die nasionale intelligensiediens (NI) het lede van die Mbeki-faksie laat afluister en die ANC-president se regspan is tans in besit van sodanige opnames van gesprekke. Van die individue wie se telefoongesprekke afgeluister is, is die voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NV) en sakemanne Saki Macozoma en Mzi Khumalo.

Mbeki het ook gesprekke met die voormalige hoof van die Skerpioene, Leonard McCarthy, oor Zuma gevoer en daarom wil dit voorkom asof Zuma oor getuienis beskik dat daar wel politieke inmenging in sy saak geskied het.

Van die afgeluisterdes is woedend oor die kwessie en is tans besig om regsadvies oor die saak in te win, aangesien die staat se intelligensiedienste aangewend is om persone af te luister wat nie misdadigers was nie. Gewoonlik is die toestemming van 'n hof nodig om 'n individu te laat afluister.

Staatsintelligensiedienste het ook 'n president afgeluister terwyl hy in sy pos was.

Ngcuka het ontken dat hy by enige gemenespel betrokke was en is vol vertroue dat enige ondersoek hom van alle blaam sal onthef.

Dis tans onduidelik in welke mate die getuienis wat deur meeluistering ingewin is ook vir Mbeki by die wapenskandaal betrek. Onlangse persberigte wil dat hy ook aandadig was aan politieke inmenging by die toekenning van staatskontrakte tydens wapenaankope.

italiasvetтопкарго

‘Hou sport en politiek apart’

ImagePolitieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.

“Indien daar ‘n sportgeleentheid is, behoort dit ‘n sportgebeurtenis te bly.”

Sy het gesê dit kan morsig raak wanneer ander sake by sportgeleenthede betrek word.

“Dus wil ons die 2010-sake skoon hou van ander sake…as bloot net sport.”

Verlede week het Suid-Afrika geweier dat die Dalai Lama Suid-Afrika besoek.

Die Tibettaanse geestelike leier sou 'n konferensie toespreek, wat gemik was op maniere om rassisme en xenofobie te bestry voor die 2010 Fifa Sokker.

Dinsdag het minister Barbara Hogan haar by 'n koor van protes aangesluit wat beswaarmaak teen die besluit om die Dalai Lama uit Suid-Afrika te hou tydens die konferensie.

Sy het gesê die regering behoort vir sy burgers verskoning te vra vir die besluit.

Woensdag het regeringswoordvoerder Themba Maseko gesê dat Hogan se kommentaar ''betreurenswaardig'' is.

“Die kommentaar van die minister van gesondheid is jammer, omdat die standpunt aangaande die Dalai Lama die regering se amptelike standpunt is.”комбинезон рейма для девочкиДанильченко Харьков

Slegte paaie, geen wetstoepassing veroorsaak ongelukke

ImageSlegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.

“Die gebrek aan padonderhoud het gelei tot die algehele agteruitgang van die paaie, wat die syfer heelwat opgestoot het,” het hy gesê.

Wetstoepassing was een van die groter probleme, het hy gesê, met taxi’s en motoriste wat almal ‘n flagrante disrespek toon vir eenvoudige verkeersreëls.

“In amper elke geval, word ‘n ongeluk voorafgegaan deur ‘n verkeersoortreding,” het hy gesê.

In 2008 was daar 9.2 miljoen motors op Suid-Afrikaanse paaie en 900 000 ongelukke, het Ronald gesê. “Dit maak vir ‘n verbysterende 10% van alle voertuie op die pad, met ‘n koste aan die ekonomie gelykstaande aan 3% van die nasionale bruto binnelandse produk en meer as 42 sterftes elke dag.

Ronald het gesê padongelukke is net so groot probleem vir die land as sake soos vigs en misdaad.

“Dit word gereken dat  padongelukke ‘n derde van die leidende oorsake gaan wees van onnatuurlike sterftes teen 2020, wat dit hoër as vigs sal plaas,” het hy gesê.

Ronald het padgebruikers aangemoedig om die AA se Paas-ligte-aan-veldtog te ondersteun, waarin motoriste aangemoedig word om ten alle tye met die ligte aan te ry.

Deur met ligte aan te ry help om bewustheid te skep onder kwesbare padgebruikers, omdat motors meer sigbaar is.

“Indien die veldtog ernstig opgeneem word deur genoeg motoriste, kan dit ons ‘n vertrekpunt gee om te kan sien of daar ‘n sigbare vermindering is in padongelukke om die regering te motiveer om die bestuur met ligte aan wetgewing te maak,” het Ronald gesê.

Saam met die toestand van die paaie en die wetstoepassing, het Ronald gesê ander areas van kommer is openbare persepsie en bewustheid, korrupsie, gemeenskapsbetrokkenheid, padgebruikeropvoeding en breë opvoeding en kommunikasie.

турецкая баня в москвеФильчаков прокуратура харьков

Drie vir moord en roof gearresteer in Kagiso

Drie mans is Woensdag in Kagiso gearresteer vir moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens, het die Gautengse polisie gesê.

Hulle word daarvan verdink dat hulle die eienaar van die huis wat hulle beroof het vermoor het, het inspekteur Solomon Sibiya gesê.

Polisie wat in Kagiso patrolleer het omstreeks 3:20 het ‘n voertuig gesien wat verdag gelyk het. Hulle het die voertuig gestop en die drie insittendes deursoek, waarna hulle twee ongelisensieerde wapens gevind het.

In die kar het die polisie ‘n LCD plasmaskerm televisie gevind asook ‘n skootrekenaar, ‘n luidspreker en ‘n sak met klein goedere soos bloutandtoerusting en skoene.

Toe hulle gevra is waar hulle die goed gekry het, het een van die mans na bewering erken dat hulle vroeër die aand ‘n huis in Honeydew beroof het.

Die drie is gearresteer vir huisbraak en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die drie word aangehou in Kagiso en sal in die hof verskyn. 'n Klag van moord sal waarskynlik by die klagstaat gevoeg word.

play free online games without downloading nowФильчаков прокурор харьков

Man helder oordag doodgesteek

‘n Twee-en-twintigjarige man van Howick is gearresteer na hy klaarblyklik ‘n 50-jarige man doodgesteek het in Bellstraat in Howick, het KwaZulu-Natalse polisie Woensdag gesê.

Superintendent Henry Budham het gesê polisie het ‘n boodskap ontvang van ‘n moord buitekant ‘n taverne in Bellstraat omtrent 3 uur die middag.

Polisie het die liggaam van die 50-jarige Pipi Zuma buite die taverne gevind met verskeie steekwonde aan sy liggaam.

Zuma was klaarblyklik saam met iemand anders by die taverne waarna die twee het betrokke geraak het in ‘n argument. Hulle het die taverne verlaat en ‘n argument het uitgebreek, waarna Zuma doodgesteek is.

‘n Mes, waarskynlik die moordwapen, is opdie toneel gevind.

Polisie het ‘n 22-jarige man gearresteer wat binnekort voor die landdros in Howick moet verskyn.

Die ondersoek na die moord duur steeds voort.mobile casino noФильчаков прокуратура харьков

SAOG ondersteun sanksies teen Madagaskar

Suid-Afrika het Woensdag gesê hulle sal sanksies teen Madagaskar se nuwe weermagondersteunde regering steun wanneer Suider-Afrikaanse leiers volgende week ‘n beraad hou.

“Ons ondersteun die nie-erkenning van Madagaskar, ons ondersteun druk, insluitend wat ook al op besluit mag word, sanksies…,” het die minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, aan verslaggewers gesê.86 купитьФильчаков прокуратура харьков

Zimbabwe moet eers agterstallige skuld betaal

Die verlenging van die IMF se finansiële en tegniese hulp aan Zimbabwe sal afhang of die regering sy agterstallige skuld betaal en goeie beleidsrigtings in plek kry, het die fonds Woensdag gesê.

“Die IMF staan gereed om die owerhede te help deur middel van beleidsadvies. Tegniese en finansiële hulp van die IMF sal net afhang van die bewys van ‘n rekord van goeie beleidsimplimentering, skenkerondersteuning en oplossing van agterstallige finansiële verpligtinge aan amptelike krediteure,” het die IMF gesê.

gladiator videoАлександр Фильчаков

Tree op teen burgemeester se lyfwagte, vra VF+

Die Vryheidsfont Plus het gesê dat hy amptelik van die Tshwane-metroraad se munisipale bestuurder, mnr. Kiba Kekana, gaan versoek dat daar dissiplinêr opgetree moet word teen die lyfwagte van die Burgemeester, dr. Gwen Ramokgopa, wat joernaliste verhoed het om die hofverrigtinge van haar dogter by te woon.

Volgens berigte is joernaliste en lede van die publiek wat die Burgemeester se dogter se hofverskyning wou bywoon, deur Ramokgopa se lyfwagte verhoed om die hofsaal binne te gaan.  Ramokgopa se dogter het in die hof verskyn oor aanklagte wat verband hou met die besit van dwelms.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, was die hofverrigtinge oop vir lede van die publiek, insluitende joernaliste. Boonop het die Burgemeester se lyfwagte geen jurisdiksie in die betrokke hof nie.

“Dit was die joernaliste se grondwetlike reg om die verrigtinge by te woon.  Die Burgemeester se bloulig-bende is duidelik van mening dat hulle bo die wet, insluitende die grondwet, verhewe is.  Hulle was total buite orde en behoort dissiplinêr ondersoek te word”, het Beyers gesê.

Die VF Plus het sy standpunt herhaal dat dit buitensporig is om ongeveer 18 persoonlike lyfwagte vir die Burgemeester te reserveer terwyl die res van die stad se inwoners in vrees vir misdaad leef.  “Daar moet ook gekyk word na die magte wat die lyfwagte het. Hulle taak is om die Burgemeester se veiligheid te verseker – die joernaliste was geen bedreiging vir haar veiligheid nie.  Hulle was slegs met penne gewapen en nie swaarde nie.”

бурение артезианской скважиныпрокурор Фильчаков

Cholera gevind in rivier in Johannesburg

Image‘n Onafhanklike watermonster wat geneem is van die Jukskeirivier het die teenwoordigheid van cholera onthul, maar die departement van waterwese het moet nog die teenwoordigheid van die wateroordraagbare siekte bevestig.

Paul Fairall, ‘n omgewingskonsultant en die voorsitter van die Jukskeirivieropvangsgebiedbestuursforum het verlede week die uitslae ontvang van twee monsters wat uit die rivier geneem is.

Een van die monsters, wat geneem is in die Dewetshofgebied, onder Bezuidenhoutvallei, toon tekens van cholera. Die tweede monster wat geneem is uit die Jukskei by Marlboro was skoon.

Fairall het gesê dit is die tragiese resultaat waar duisende vlugtelinge in die middel van Johannesburg woon.

Op Maandag het die departement gesê dat hulle geen cholera gevind het in die Jukskei nie, maar dat hulle gaan begin om te toets daarvoor.

“Met al die fekalebesoedeling wat in die Jukskei plaasvind, is dit hoogs waarskynlik dat cholera opgespoor sal word,” het Leonardo Manus, bestuurder van die drinkwaterkwaliteitsregulering by die departement gesê.

Hy het gesê streekspersoneel sal aan die gemeenskappe wat meer waarskynlik die water sal drink, die gevare daarvan moet uitwys om onbehandelde water te drink.

how to use instagram to promote my businessДанильченко Юрий отзывы

Zimbabwe gaan inflasiedata vrystel

Zimbabwe sou Dinsdag nuwe inflasiedata vrystel, die eerste nuwe aankondiging in die verband sedert Oktober, het die sentrale statistiek kantoor gesê. Die amptelike syfer het na ‘n rekord van 231 miljoen persent gestyg.

Die land sukkel met ‘n erge ekonomiese krisis en het die gebruik van buitelandse geldeenhede toegelaat om hiperinflasie te tem. Dit is die hoogste inflasie in die wêreld vir ‘n land wat nie in oorlog gewikkel is nie.игри для дэвочэктопкарго