Soedannese vliegtuie het Maandag bomme gegooi naby aan 'n dorp wat deur rebelle beset word in Darfoer, nadat die regering gevra het dat die vredesmaglede die gebied moet verlaat voor die beplande aanval, het die internasionale mag gesê. Duisende burgerlikes het skuiling gesoek rondom 'n basis wat bestuur word deur 'n gesamentlike VN/Afrika Unie mag
Israel en Hamas weer aanmekaar in vergeldingsaanvalle
Maandag het Israel weer lugaanvalle uitgevoer terwyl Palestyne mortieraanvalle geloods het ten spyte van 'n skietstilstand in die Hamasbeheerde Gazastrook, maar Israel se minister van verdediging het gesê 'n wyer offensief was nie in die pyplyn nie. In reaksie op Egipte se pogings om 'n langtermyn vredesverdrag in plek te kry het 'n Hamaswoordvoerder gesê
Lees verder: Israel en Hamas weer aanmekaar in vergeldingsaanvalle
Obama se halfbroer gearresteer
George Obama, die Keniaanse halfbroer van president Barack Obama sal nie aangekla word na hy die naweek in ’n dwelmklopjag gearresteer is nie, het polisie Maandag gesê. “Hy is gevang saam met ʼn paar ander jongmense en een van hulle was in besit van dagga gevind,” het Keniaanse polisiewoordvoerder Eric Kiraithe gesê. “Hulle is deur
ANK blaas spanning aan
Die ANK is “opsetlik besig om politieke spanning te verhoog” deur politieke saamtrekke te hou naby groot saamtrekke van ander politieke partye, het die UDM Maandag gesê. “Die ANK moet hulle opsetlike strategie om wedywerende saamtrekke so naby as moontlik aan ander partye se groot saamtrekke, heroorweeg,” het die UDM-leier Bantu Holomisa Maandag in ʼn
Vryheidsfront Plus hou van Potchefstroomskikking
Conrad Beyers Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dieselfde tipe politeke oplossing wat in Potchefstroom gevind is om die naamkwessie op te los, ook tussen inwoners van Pretoria en die Tshwane metroraad gevind moet word. Volgens berigte is ‘n ooreenkoms tussen alle belanghebbendes in Potchefstroom bereik wat behels dat die stadsraad se naam Tlokwe sal
Lees verder: Vryheidsfront Plus hou van Potchefstroomskikking
Om die w?reld se grootste mynveld op te pas
Terwyl landmyne tegnies gesproke steeds verban is, is daar steeds baie van die goed in gebruik, en die gebied wat die swaarste bemyn is, is Korea. Die mynverbodooreenkoms het in 1999 inwerking getree, maar 42 lande het nie saamgestem met die verbod op die vervaardiging, opgaar en gebruik van teenpersoneelmyne nie. Lande wat nie ingestem
Verpleegster kortgevat oor gebed
'n Christelike verpleegster van Weston-super-Mare in Engeland is geskors nadat sy aangebied het om vir 'n pasiënt se herstel te bid. Gemeenskapsverpleegster, Caroline Petrie, 45, sê sy het tydens 'n tuisbesoek vir 'n bejaarde vrou gevra of sy vir haar kan bid. Die pasiënt het 'n klagte by die gesondheidstrust oor Mevrou Petrie, 'n Baptis,
Vat vet kinders weg, vra dokters
Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australië. Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid
Skokkende daling in lugvervoer
Die lugdiensnywerheid het Dinsdag ‘n ongekende en skokkende daling in globale lugvrag aangekondig. Lugvrag is verantwoordelik vir 35% van die goedere wat internasionaal verhandel word en die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) het gesê dat vervoervolumes jaar tot jaar met 22,6% in Desember gedaal het. Goivanni Bisignati, direkteur van IATA, het gesê “daar is geen duideliker beskrywing
SA Kandidate 2009
Die onlangse skeuring binne die ANC was te wagte. Die sogenaamde Young Lions, met behulp van die SAKP en Cosatu, het die binnekamers van ANC polities binnegedring en totale chaos veroorsaak. Dat dit goed was, is geensins te betwyfel nie. Ek dink baie min politieke ontleders het gedink dat ons demokrasie soos 'n reuse adrenalien inspuiting net 14 jaar vanaf ons eers demokratiese verkiesing sou kry.
Die onlangse skeuring binne die ANC was te wagte. Die sogenaamde Young Lions, met behulp van die SAKP en Cosatu, het die binnekamers van ANC polities binnegedring en totale chaos veroorsaak. Dat dit goed was, is geensins te betwyfel nie. Ek dink baie min politieke ontleders het gedink dat ons demokrasie soos 'n reuse adrenalien inspuiting net 14 jaar vanaf ons eers demokratiese verkiesing sou kry.
