Israel en Hamas weer aanmekaar in vergeldingsaanvalle

Maandag het Israel weer lugaanvalle uitgevoer terwyl Palestyne mortieraanvalle geloods het ten spyte van 'n skietstilstand in die Hamasbeheerde Gazastrook, maar Israel se minister van verdediging het gesê 'n wyer offensief was nie in die pyplyn nie.

In reaksie op Egipte se pogings om 'n langtermyn vredesverdrag in plek te kry het 'n Hamaswoordvoerder gesê dat hulle bereid sal wees om vyandighede te staak vir 'n jaar of meer indien 'n ooreenkoms bereik kan word om Israel se blokkade oop die Gazastrook heeltemal te lig en grensposte te heropen.

'n Israelse vliegtuig het 'n motor in Rafah in suidelike Gaza aangeval, op die Egiptiese grens, waarin een militant dood is en drie ander gewond is. Mediese beamptes het hulle geïdentifiseer as lede van die Populêre Weerstandkomitees.

Die Israelse weermag het gesê hulle teiken was 'n peloton wat twee mortiere in suidelike Israel in afgevuur het. 'n Polisiewoordvoerder het gesê dat geen skade of besering ontstaan het uit die aanvalle nie.

Sondag het Israeli vliegtuie 'n Hamas sekuriteitskompleks aangeval, asook smokkeltonnels onder die Gaza-Egipte grens.

Daar was geen beserings aangemeld in die aanvalle nie, het die Israelse weermag gesê. Die aanvalle het gevolg na omtrent 'n dosyn vuurpyle en mortiere Sondag in Israel in afgevuur is, wat twee Israelse soldate en 'n burgerlike gewond het.

Eerste minister Ehud Olmert het Sondag gesê dat buitensporige militêre reaksie sal plaasvind teen die aanhoudende vuurpylsalvo's wat Palestynse militante beskryf het as vergelding vir nuwe Israeli aanvalle.

Die minister van verdediging het wel gesê Israel sal stop net duskant 'n volskaalse oorlog.

Met Amerikaanse steun werk Egipte om 'n langtermyn vredesooreenkoms in plek te kry wat Hamas se wapensmokkelary na Gaza sal stopsit en ook kan lei tot 'n heropening van die grensposte, wat een van Hamas se vereistes is.

"Hamas is gereed om die Palestynse owerheid by die grensposte te aanvaar, insluitend die Rafah-kruising, maar het gesê dit sal 'n kosmetiese teenwoordigheid wees," het 'n senior EU diplomaat gesê. "Die vraag is of Israel dit sal aanvaar. Ek sien nie dat dit in die praktyk kan werk nie."дизайн баниФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae