ANK blaas spanning aan

Die ANK is “opsetlik besig om politieke spanning te verhoog” deur politieke saamtrekke te hou naby groot saamtrekke van ander politieke partye, het die UDM Maandag gesê.

“Die ANK moet hulle opsetlike strategie om wedywerende saamtrekke so naby as moontlik aan ander partye se groot saamtrekke, heroorweeg,” het die UDM-leier Bantu Holomisa Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die party beweer dat die ANK dit gedoen het tydens ʼn groot saamtrek verlede maand in Mthatha, toe die verkiesingsmanifes bekendgestel is deur die KVP in Port Elizabeth, en met die IVP saamtrek verlede naweek.

“Die strategie blyk opsetlik te wees om politieke spanning te verhoog.”

Die party het die geweld by Nongoma in KwaZulu-Natal die naweek veroordeel en simpatie uitgespreek aan die familie van die beseerdes.

Die Christen Demokratiese Alliansie het ook kommer uitgespreek oor die naweek se geweld.

“Mens kan die insidente oor die naweek vergelyk as soortgelyk aan die swak sportmansinsidente van vroeër, soos om die KVP se pogings om ʼn plek te huur vir vergaderings in die wiele te probeer ry,” het konstitusionele woordvoerder Colin Fibiger gesê, wat ook ’n lid is van die CDA leierskapforum.

Drie ANK lede, insluitend ʼn Zoeloe-koninklike is geskiet en gewond in noordelike KZN toe hulle Sondagaand van ʼn ANK saamtrek af gereis het.

Ses ander is aangerand toe busse wat ANK-lede vervoer het met klippe bestook is, klaarblyklik deur IVP-lede, iets wat deur die IVP ontken word.

Beide die ANK en IVP het Maandagoggend kort persverklarings oor die insident gehou.дренажный насос купитьФильчаков прокурор