Vat vet kinders weg, vra dokters

Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australië.

Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid beskou word, wanneer die kind ly aan, of die risiko loop om te ly aan erge gesondheidsprobleme wat met oorgewig geassosieer word.

Klinici het reeds ʼn regsbevoegdheid om welsynsowerhede te kontak wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg in die behandeling van ander siektes, soos byvoorbeeld ouers wat medikasie vir ʼn MIV-positiewe kind weier of ʼn lewensreddende bloedoortapping weens geloofsbesware.

Dokters by die kinderhospitaal in Westmead sê in die Mediese joernaal van Australië dat die toenemende verskynsel van vetsug laat baie gesondheidswerkers onseker of hulle die kinderbeskermingswerkers in kennis moet stel wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg.

"Ons argumenteer dat om die kinderbeskermingsdienste in ekstreme gevalle in kennis te stel ʼn gepaste professionele reaksie sal wees," het kindervetsugspesialiste dr. Shirley Alexander en professor Louise Baur geskryf.

Dr. Alexander het gesê dat die multi-dissiplinêre span spesialiste by die kinderhospitaal in Westmead wat na ekstreme gevalle van oorgewig kinders gekyk het, die Nieu-Suid-Wallis-departement van gemeenskapsdiens (DOCS) gekontak het in gevalle waar ouers onwillig of nie in staat was om met mediese advies saam te werk nie.

"Die kind mag insulienweerstandig wees en mens het hulle op medikasie gesit om te help om diabetes te voorkom en die ouers stem nie saam met die toedien van die medikasie nie, of mens lewer bewyse dat kinders ʼn hoër risiko loop om vetsugtig te wees indien hulle ʼn TV in die slaapkamer het en ouers weier om die TV te verwyder," het dr. Alexander gesê.

Die artikel wat gister gepubliseer is, het die gevallestudie van Jade, ʼn 4-jarige meisietjie gebruik. Sy is 110cm lank en het 40 kilogram geweeg.

Sy het verwante gesondheidsprobleme gehad insluitend ʼn vetterige lewer, hiperinsulinemie en obstruktiewe slaap-apnee.

Haar ouers, wat van mekaar verwyder is, laat haar toe om tot 6 ure per dag televisie te kyk en te eet net wat sy wil. Hulle het ook verskeie kere nie opgedaag by afsprake met die dieetkundiges en ander gesondheidswerkers nie.

Ná 12 maande het haar gewig toegeneem en Jade het aan hoë bloeddruk gely en was ook aggressief.

Die hospitaal het DOCS gekontak en Jade is in die hospitaal opgeneem, waar ʼn program van daaglikse liggaamlike aktiwiteit ingestel is en ook ʼn gesonde dieet, wat haar 3 kilogram binne twee weke laat verloor het.

Ná haar ontslag het die owerhede aangedring op besoeke onder toesig aan haar pa en gemeenskapsgesondheidwerkers het die ma besoek om haar te leer om gesonde kos te koop en te kook en Jade het nog ʼn rokgrootte verloor.

Dr. Alexander het gesê dat hoewel dit ʼn sensitiewe saak is om kinders in sorg te plaas, die in kennis stel van kinderbeskermingswerkers soms mag lei tot ander vorme van ingryping, soos finansiële hulp om gesonde kos te koop of die opstel van "verantwoordelikheidskontrakte".

для банилобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae