Provinsie gryp in nadat Eskom krag afsny

Die Vrystaatse provinsiale regering moes noodgedwonge ingryp by die Mafube munisipaliteit – wat ondermeer Frankfort, Villiers en Cornelia insluit – nadat dié munisipaliteit se finansiële probleme amper daartoe gelei het dat Eskom sy kragtoevoer afsny. Olly Mlamleli, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, sê haar departement en die provinsiale tesourie het die munisipaliteit

Lees verder: Provinsie gryp in nadat Eskom krag afsny

Reuse optog vir 19 Augustus beplan

‘n Reuse protesoptog, sogenaamd teen korrupsie, die grootste in die land se geskiedenis, word vir 19 Augustus beplan om saam te val met die adhoc-komitee oor Nkandla se voorlegging aan die Nasionale Vergadering. ‘n Alliansie van burgerregte-organisasies en vakbonde reël die protesoptogte wat gelyktydig na die Uniegebou in Pretoria en die Parlementsgebou in Kaapstad sal

Lees verder: Reuse optog vir 19 Augustus beplan

Vigilantes eis geregtigheid in Noordwes

Ontstoke inwoners in Mothotlung naby Brits in Noordwes het die plaaslike polisiekantoor bestorm en geeis dat swart jeugdiges in hegtenis geneem word wat van ernstige misdade verdink word. Die vermeende oortreders is glo aandadig aan die moord en verkragting van ‘n Graad 12 leerling van Pretoria. Die verminkte liggaam van Reneilwe Seloadi is naby die

Lees verder: Vigilantes eis geregtigheid in Noordwes

Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Nege swartes is dood toe ‘n wit aanvaller in die geskiedkundige Charleston-kerk in die Amerikaanse staat Suid-Carolina op mense losgebrand het. Die swart kerk is 150 jaar oud. Die polisie sê reeds dit was ‘n “haatmisdaad”, terwyl die aanvaller steeds op vrye voet is. Hy word beskryf as kort en blond. Hulle het ook gesê

Lees verder: Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses

Die leeumannetjie wat byna twee weke gelede uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap het, bevind hom nou in die Nuweveldberge naby die grens met die Noord-Kaap. Die kraagmannetjie, ongeveer drie jaar oud, het uit die Karoo Nasionale Park deur ‘n gat in die westelike heining ontsnap, klaarblyklik deur ‘n stormwaterpyp wat na een

Lees verder: Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses

Amerikaanse onderwyseres op Tuinroete verkrag

Twee swart verdagtes sal Woensdag in die Stormsrivier-landdroshof verskyn in verband met die beweerde verkragting van ’n 47-jarige Amerikaanse vrou. Die vrou is langs die Tuinroete se Tsitsikamma Nasionale Park oorval en verkrag. Sy is ’n onderwyseres by ’n skool in Gauteng. Die polisie se adjudant-offisier Gerda Swart sê die vrou het omstreeks twaalfuur gaan

Lees verder: Amerikaanse onderwyseres op Tuinroete verkrag

Lesufi besoek wit boelies

Die Gautengse Departement van Onderwys het skriftelik geantwoord op ’n navraag deur OFM-nuus en bevestig dat die hoof van die Krugerlaan Hoërskool in Vereeniging met die ouers van ’n boelie-slagoffer vergader het. Die Gautengse LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi het vandag die skool, die ouers van beide wit seuns en die skool se bestuurspan ontmoet.

Lees verder: Lesufi besoek wit boelies

Kovsie-taalbeleid draai in wetgewer

Die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat het Woensdag vir die tweede keer ‘n draai in die Vrystaatse provinsiale wetgewer gemaak. Dit volg nadat ANC hoofsweep Neels van Rooyen die UV tydens ‘n vorige sitting geloof het vir sy strewe na transformasie en verwys het na die instansie se taalbeleid. Tydens vandag se sitting

Lees verder: Kovsie-taalbeleid draai in wetgewer

Bergpasse sluit, plakkershutte oorstroom, beurtkrag aangepas

Sneeu en ysige windtoestande kom sedert Dinsdagaand voor oor die grootste dele van die hoogliggende gebiede in die Oos-Kaap en omliggende gebiede. ‘n Woordvoerder sê sneeu is ook in Lesotho en die Oos-Vrystaat aangemeld. Verskeie bergpasse moes gesluit word. Nat en koue weerstoestande heers steeds in die Wes-Kaap. In die Oos-Kaap is alle bergpasse na

Lees verder: Bergpasse sluit, plakkershutte oorstroom, beurtkrag aangepas

Motoriste gewaarsku teen kapingslenter

Motoriste in die Vrystaat word gewaarsku om veilig te bestuur en op die uitkyk te wees vir klippe wat deur booswigte in die pad gepak word in ‘n poging om voertuie te kaap. Polisiewoordvoerder, Mosili Ntsika, sê voorvalle waarin motoriste gekaap word nadat hulle stadiger ry of stop weens versperde paaie, veral op die R702

Lees verder: Motoriste gewaarsku teen kapingslenter