praag.co.za

Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses

Written by

in

,

Die leeumannetjie wat byna twee weke gelede uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap het, bevind hom nou in die Nuweveldberge naby die grens met die Noord-Kaap.

Die kraagmannetjie, ongeveer drie jaar oud, het uit die Karoo Nasionale Park deur ‘n gat in die westelike heining ontsnap, klaarblyklik deur ‘n stormwaterpyp wat na een van die plase in die omgewing gelei het.

Ondanks die feit dat ‘n span van kundiges, onder leiding van ervare spoorsnyers, die groot kat agterna gesit het, bly hy hulle ontwyk.

Hy bly steeds voor sy agtervolgers en het selfs een keer uit die bosse gespring en vir hulle gebrul, maar vasvat is min.

Negentien spoorsnyers gesteun deur ‘n helikopter kon nog nie die leeu aankeer nie. Daar was aanvanklik 20 spoorsnyers, maar een van hulle het verlede Donderdag geval en sy ribbes gekraak.

SANparke se woordvoerder Fay Ludick sê drie polisiebeamptes – twee van Kaapstad en een van Beaufort-Wes wat by veediefstal-eenhede betrokke is – het by die soekgeselskap aangesluit.

Volgens berigte het die leeu reeds onder skape ingeklim en Vrydag ’n koedoebul op die plaas Tafelberg tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka platgetrek.

Die leeumannetjie het die veertien skape op die plaas Palmietfontein doodgebyt.

Comments

5 responses to “Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses”

  1. Dolk Avatar
    Dolk

    Elke brood(boom), (Buffel)horing en (leeu)kraag loop deesdae rond met ‘n GPS-opspoordertjie… Nou wat nou?! Snaaks hoe slim hulle base vang… Waar ‘n Afrikaan in beheer is, val hulle weer terug na spoorsny… Deesdae ‘n nul op ‘n kontrak lyk dit my…

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Goeie more Dolk. Ek hoop nietemin hierdie prag-kat word spoedig opgespoor en nie doodgemaak nie.

      NS: Ek moes darem glimlag vir jou opmerking ook – waarheid !

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Goeie more ook Kaylee. My wense ook – dis as gevolg van onkundige vermetelheid dat mense in hierdie moderne eeu nog deur die diere verskeur word. Die voorval was blykbaar bitter grusaam!

        Ja-nee, die hedendaagse spoorsnyers sal vir jou ‘n KFC krummeltjie kan opspoor in ‘n hooimied, eerder as ‘n leeu se reuse spore in ‘n sandwoestyn… ;))

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    kry n yankee of tjing toeris met n oopvenster en stuur hulle die veld in..

    1. G Avatar
      G

      Hehehe. Bietjie lokaas

Leave a Reply