Inter-ministeriële komitee teen korrupsie gestig

Die kabinet het besluit om ‘n nuwe inter-ministeriële komitee teen korrupsie te vorm om alle insidente van korrupsie in openbare dienste doeltreffend te hanteer, het regeringswoordvoerder Themba Maseko Woensdag gesê. Hy het aan die media gesê dat die komitee na die openbare dienskommissie se verslag oor korrupsie, sowel as ander verslae, kyk om seker te

Lees verder: Inter-ministeriële komitee teen korrupsie gestig

Rooi Kruis vra hulp vir xenofobieslagoffers

Die Rooi Kruis het sowat R2 miljoen nodig om die xenofobie-slagoffers van De Doorns in die Wes-Kaap te help. “Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis pleit by Suid-Afrikaners om saam te staan en ‘n helpende hand te bied,” het die organisasie Woensdag gesê. Hierdie noodkreet kom terwyl onderhandelaars in gesprekke is met verteenwoordigers van die plaaslike gemeenskap

Lees verder: Rooi Kruis vra hulp vir xenofobieslagoffers

Boere na ANC oor veediefstal

Rooivleisboere gaan met Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, ontmoet in ‘n poging om die party te kry om veediefstal te beheer. Die organisasie vir ontwikkelende rooivleisprodusente (Nerpo) het Woensdag gesê dat die ANC goed geposisioneer is om die beleid te beïnvloed wat daargestel is om opkomende boere te help. Aggrey Mahanjana, die besturende direkteur,

Lees verder: Boere na ANC oor veediefstal

Tweede sterf na besnydenis

Die Oos-Kaap het sy tweede sterfgeval aangemeld in dié somer se besnydenisrituele, het die provinsie se departement van gesondheid Woensdag gesê. Die 19-jarige het Woensdagoggend gesterf by ‘n onwettige inisiasieskool in die Butterworth area in die Transkei, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Die skool is

Lees verder: Tweede sterf na besnydenis

Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek

Dit is duidelik dat die armoede-probleem die grootste enkele probleem is wat die toekoms van SA destabiliseer. Destabilisasie kan op die lange duur politieke opstande inhou. ‘n Politieke rewolusie kan ‘n diktatuur in die hand werk. Dit beteken ook fisiese onsekerheid: moord en doodslag en diefstal, ingevolge waarvan die armes van die rykes steel en

Lees verder: Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek

Breek die regte mure af!

Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het vele liberale met jubeling laat terugdink aan die val van die apartheidsmure, ook so 20 jaar gelede. Die twee gebeurtenisse word aan mekaar gekoppel as sou die “bevryding” van die swart “verdruktes” en die instelling van ’n demokraties verkose regering in Suid-Afrika

Lees verder: Breek die regte mure af!

Regering veroorsaak vreemdelingehaat

“Die aanvalle deur plaaslike inwoners op vreemdelinge in die De Doorns-gebied is te wyte aan die regering se optrede. In die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie,” het

Lees verder: Regering veroorsaak vreemdelingehaat

Springfloppe vreet van Wembley se vloer af

Gisteraand se toerwedstryd van die Springbokke teen die Engelse klubspan, Saracens, in die gewyde Wembley-stadion was ‘n taai, harde besigheid. Dit was taai vir die toeskouers om te moes dophou en hard om te sluk. Dié keer was daar nie net vyftien Suid-Afrikaners wat op ‘n slag aanjaag op die voetbalveld nie, maar amper ‘n

Lees verder: Springfloppe vreet van Wembley se vloer af

Rugbyseisoenkaartjies vir tenders

‘n Beampte van die department van korrektiewe dienste het ‘n huis, motors, ‘n oorsese reis vir sy dogter en Blou Bul-seisoenkaartjies gekry, in ruil vir tenders wat hy toegeken het, het parlementslede Dinsdag gehoor. “Sekere van die bevindings wat jy gemaak het, is afskuwelik,” het Vincent Smith, voorsitter van die komitee gesê, na ‘n inligtingsessie

Lees verder: Rugbyseisoenkaartjies vir tenders

OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem wat na bewering by omkopery betrokke was. Die beampte is Maandag in hegtenis geneem. Die arrestasie spruit uit ‘n voorval toe ses polisiebeamptes na Wentworth, in Durban gegaan het, om ‘n man se woning te deursoek. Die polisie het op ‘n klein hoeveelheid dagga afgekom,

Lees verder: OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing