Three Romanians were in hospitals in Rome yesterday – one of them seriously injured – after being attacked by a masked, club-wielding gang on Friday night in the latest escalation of racial tension in Italy following the beating to death of a naval captain’s wife. The violence, condemned by local politicians, came as authorities in
Die komende permanente oliekrisis
Die Amerikaanse geoloog L. King Hubbard het reeds gedurende die 1950s opgemerk dat die produksie van ru-olie normaalweg toeneem, deur ʼn maksimum gaan, en daarna afneem, asook dat geen investering of nuwe tegnologie die afname in produksie kan omkeer nie. Hubbard se idees is dramaties in die VSA ervaar: Amerikaanse ru-olie produksie (hoofsaaklik in Texas gedurende die 1970s) het ʼn maksimum in 1970 bereik, en ten spyte van meer gevorderde herwinningstegnieke en ʼn groter vraag, het dit vandag afgeneem tot net ʼn breukdeel van wat dit eens was. Met die olieboikot tussen 1970 en 1975 was daar groot rede om produksie in Amerikaanse ru-olievelde op te stoot, maar geen hoeveelheid geld of nuwe tegnieke kon produksie vermeerder nie.

Padkaart na Afrikanervryheid 3
Toespraak gelewer op 2 November 2007 by die jaarlikse PRAAG-dinee, The Pinotage-restaurant, Centurion
Deur vanaand oor die tema “ʼn Padkaart na Afrikanervryheid” te praat, wil ek juis sekere praktiese voorstelle maak oor hoe ons volk uiteindelik die vryheid wat hy in onlangse tye verloor het, kan herwin.
Die Afrikaner, miskien tot sy nadeel, is by uitstek pragmaties. In die onlangse verlede is hierdie pragmatisme deur ons vyande uitgebuit en word daar van ons verwag om in die aangesig van knellende anti-blanke wetgewing, geweld, verlies aan instellings en enige invloed op die staat ʼn soort hinderniswedloop te hardloop.

Rwanda se voortvlugtende moordenaars
Die Internasionale Rwandese Misdaadhof probeer nou al jare lank om ’n klompie sleutelfigure in die volksmoord van 1994 aan te keer. Die hof is in 1995 in Tanzanië op die been gebring deur die Verenigde Nasies (VN) om diegene wat verantwoordelik was vir die volksmoord vir hul dade te laat boet. Amper ’n miljoen mense is dood in die konflik tussen Hutu’s en Tutsi’s wat Rwanda oor ’n tydperk van 100 dae in 1994 geteister het.

Die swart diamante se fenomenale opkoms
Die jongste verslag van die All Media Products Survey (Amps) toon dat Suid-Afrikaners se inkomste oor die afgelope sewe jaar meer as verdubbel het. Swart verbruikers beskik nou oor 46,5% van verbruikerspotensiaal, in vergelyking met 40,4% vir blankes. Hierdie syfer gaan na verwagting oor die volgende vyf jaar verder styg.

Mbeki is ?bereid tot 3de termyn?
Die ANC-president, Thabo Mbeki, het so pas gister sy bereidheid om as derde termyn as dié party se leier aan te bly oor die SAUK-radio herhaal.
ANC-takke het begin met die proses om kandidate vir partypresident te benoem in aanloop tot die partykonferensie in Desember waar ’n nuwe leier gekies sal word. Die leierskapstryd het reeds verskeie binnegevegte in die party tot gevolg gehad en daar heers interne verdeeldheid as gevolg daarvan.
Wie ook al as die ANC-leiers verkies word, sal ook waarskynlik Suid-Afrika se nuwe president word.

Skaamtelose sokkerbase
Die Premier Soccer League (PSL) het R70 miljoen opsy gesit as “’n teken van dankbaarheid” vir hulle onderhandelaars se aandeel in die verkryging van borgskappe. Irvin Khoza, voorsitter van die PSL, het die nuus gister aangekondig. Volgens hom sal die bedrag “proporsioneel verdeel word tussen lede van die onderhandelingspan en ander rolspelers.”
Die Premier Soccer League (PSL) het R70 miljoen opsy gesit as “’n teken van dankbaarheid” vir hulle onderhandelaars se aandeel in die verkryging van borgskappe. Irvin Khoza, voorsitter van die PSL, het die nuus gister aangekondig. Volgens hom sal die bedrag “proporsioneel verdeel word tussen lede van die onderhandelingspan en ander rolspelers.”Ha?ti was MIV-poort tot VSA
Gekwalifiseerdes verlaat Afrika
Minder as 10% van geneeshere wat sedert onafhanklikheid in 1964 in Zambië opgelei is, is nog in daardie land werksaam. Die orige 90% het geëmigreer, hoofsaaklik na Europa en die VSA. In Chicago is daar tans meer dokters wat in Sierra Leone gestudeer het, as in daardie Afrikaland. Daar is ook meer dokters van Benin in Frankryk werksaam as in die hele gesondheidstelsel van Benin.
Hierdie mediese voorbeelde dui maar op een faset van die vaardighede wat die Afrika-vasteland verloor. Daar word gereken dat ’n derde van Afrika se universiteitshulpbronne bestee word aan die opleiding van mense wat daarna na die Weste uitwyk. Hierdie probleme is verlede week in Tripoli bespreek tydens die byeenkoms van die Afrika-universiteitevereniging. Sowat 150 afgevaardigdes van regoor die vasteland het die vergadering bygewoon. Die tema van die byeenkoms was “Die Afrika-brein-kwyn: hoe om dit te bestuur – samewerking met die diaspora.”

Zille vra vir meeluisterbande
Die Kaapse burgemeester, Helen Zille, het die polisie versoek om na die meesluisterbande betreffende die stad se “spioenasie”-skandaal te luister.
Sy het Maandag dié versoek in ’n brief gerig aan die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros nadat die polisie die bande aan joernaliste teruggespeel het.
Sy het in ’n verklaring gesê dat Petros die bande aan die Weskaapse premier, Ebrahim Rasool en die leier van die Onafhanklike Demokratie, Patricia de Lille, “voorgelê” het.