Zille vra vir meeluisterbande

Image

Helen Zille

Die Kaapse burgemeester, Helen Zille, het die polisie versoek om na die meesluisterbande betreffende die stad se “spioenasie”-skandaal te luister.

Sy het Maandag dié versoek in ’n brief gerig aan die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros nadat die polisie die bande aan joernaliste teruggespeel het.

Sy het in ’n verklaring gesê dat Petros die bande aan die Weskaapse premier, Ebrahim Rasool en die leier van die Onafhanklike Demokratie, Patricia de Lille, “voorgelê” het.

Die bande is gemaak deur ’n privaatspeurder, Philip du Toit, wat in die diens van George Fivaz en vennote verkeer. Laasgenoemde is aangestel om die aktiwiteite van raadslid Badi Chaaban te ondersoek.

In die brief sê Zille, wat ook leier van die Demokratiese Alliansie is, aan Petros: “Versuim om dieselfde toegang aan my te verleen sal die persepsie versterk dat die polisie selektiewe inligting aan sekere politieke leiers vir hul eie doeleindes vrystel.”

De Lille het in ’n verklaring vroeër in die dag gesê dat sy Petros ontmoet het en het besonderhede oor sekere bande verskaf, blykbaar dieselfde klankmateriaal wat verlede week aan joernaliste gespeel is.

“Ek kan nou bevestig dat daar meer as 300 bande is,” het sy gesê.

“Indien daar ’n behoefte bestaan om ondersoek in te stel, moet ons as politieke leiers van wettige regeringsinstansies gebruik maak, soos om toestemming van ’n landdros of regter te vra.”

“Om dit op enige ander manier uit te voer, is onwettig,” het sy gesê.

Zille het ’n ondersoek na die “spioenasie”-insident deur ’n vorige regter of senior advokaat belowe ná gerugte dat die stad R98000 betaal het vir ’n ondersoek wat deur die SA gelas op die vooraand van die onlangse oorloopperiode.

Du Toit, wat tans in aanhouding op ’n klag van gewapende roof verkeer, is gevra om bewerings te ondersoek dat Chaaban omkoopgeld aan mederaadslede aangebied het om oor te loop.

Daar is op die bande – wat blykbaar ’n aantal insluit van vóór die Chaaban-ondersoek – by Du Toit se huis beslag gelê deur die polisie wat tans die onwettige meeluistering van telefoonoproepe ondersoek.

построить сауну ценаФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae