Volgens gerugte leef Kabuga tans in weelde in Kenia en word hy beskerm deur hooggeplaaste Keniaanse amptenare. Ander bewerings lui egter dat hy in die Demokratiese Republiek van die Kongo skuil. Dit is ’n enorme grondgebied en vele Rwandese wat ’n groot rol in die volksmoord gespeel het, het hierheen gevlug ná die gebeure van 1994. Veertien leiers word steeds deur die Internasionale Rwandese Misdadigerhof gesoek om tereg te staan op die aanklagte teen hulle.
Daar is maar dertien maande oor voordat die sperdatum vir die hof se afhandeling van hierdie sake verstryk, dus is dit waarskynlik dat die voortvlugtende oorlogsmisdadigers nooit voor die hof sal verskyn nie. Diegene wat reeds deur die hof in Arusha veroordeel is, sal aan Rwanda uitgelewer word. ’n Paar van hulle sal egter met die internasionale regstelsel te doen kry as gevolg van hulle leidende rol in die gebeure van 1994. Rwanda is gretig om die sake wat na hom verwys gaan word, self te hanteer. Daar heers egter skeptisisme in die internasionale gemeenskap oor die land se vermoë om sulke hoëprofielsake te hanteer. Daar is reeds duisende aangeklaagdes in Rwandese tronke wat nog verhoor moet word. Amnesty International is bekommerd dat die Hutu-gevangenes nie regverdige verhore gaan kry nie, aangesien die Tutsi’s nou aan bewind is.
Die Internasionale Rwandese Misdaadhof het lande soos Suid-Afrika en Botswana genader om van hierdie volksmoordhofsake te hanteer, maar dié lande het geweier, aangesien Rwanda verkies om dit self te hanteer. 27 Sake is reeds afgehandel sedert die hof met sy werksaamhede begin het. 29 Sake word tans verhoor en nege persone is verhoorafwagtend.
Een van die prominentste sake wat die hof tot dusver hanteer het, was die verhoor van voormalige burgemeester Jean-Paul Akayesu. Hy is in 1998 tot lewenslange tronkstraf veroordeel vir seksuele geweld en verkragting. Dit was die eerste keer dat verkragting as ’n volksmoordmisdaad in ’n internasionale hof erken en gestraf is.

Die Internasionale Rwandese Misdaadhof probeer nou al jare lank om